Baba & Kleuter

V& A baba

-

V

Ek het ná my dogtertjie se geboorte ’n moeilike tyd beleef weens nageboorte­like depressie. Dit voel of ons nie behoorlik gebind het nie. Wat kan ek doen om binding nou aan te moedig?

A LENMARIE STANTON ANTWOORD:

Die koms van ’n baba is spanningsv­ol, ongeag hoe baie jy daarna uitgesien het of hoe diep jy haar liefhet. Slapelose nagte, nuwe verantwoor­delikhede en ’n gebrek aan tyd vir ’n mens self kan baie ma’s laat voel asof hulle op ’n emosionele wipplank is. Maar selfs al ly jy aan nageboorte­like depressie kan jy ’n goeie band met jou dogtertjie vorm. Hou hierdie riglyne in gedagte:

1 Jy hoef nie aanhoudend by jou baba te wees nie; gehaltetyd is belangrike­r. Babas floreer in ’n verhouding waar hul versorger hul gevoelens en behoeftes verstaan en daarvolgen­s reageer. Dis onrealisti­es om te verwag dat ’n mens heeltyd by jou baba is.

2’ n Hegte band vorm as jy erken dat jy ’n fout gemaak het en dit probeer regstel. As jy nooit foute maak nie, word jou baba van die geleenthei­d ontneem om van onvoorwaar­delike liefde en menswees te leer.

3 Baie ma’s is bekommerd dat hulle hul kinders ongelukkig maak en dus verwerp sal word. Dis belangrik om te erken dat jy nie perfek is nie en dit dan uitbalanse­er met jou poging om jou kind se behoeftes te bevredig.

4 Toepaslike reaksie op baba se behoeftes hoef nie altyd onmiddelli­k te wees nie. Al het jy nageboorte depressie, kan jy steeds met jou baba bind. Jy het egter tyd nodig om te genees en te rus. Jy het ondersteun­ing nodig om vir jou nuwe baba te gee wat sy nodig het om ’n hegte band met jou te vorm.

Om betroubaar te wees, haar behoeftes te verstaan en konsekwent te reageer, beteken dat jy moet uitreik vir ondersteun­ing. Soms kan dit nodig wees dat jy terugtree en iemand vra om met die verantwoor­delikhede te help.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa