LEEG: GODS E TROOS NA S­WAN­GER­SKAP VERLIES OF MISKRAAM

Baba & Kleuter - - WARE VERHAAL -

deur Mar­le­na du Toit, Braam Klop­per en Jus­ti­ne Pi­ke is ’n boek wat jou kan on­der­steun as jy ’n miskraam of dood­ge­boor­te be­leef het.

Die eer­ste deel is ge­skryf deur dr. Mar­le­na du Toit, ’n gi­ne­ko­loog. Sy ver­dui­de­lik die me­die­se fei­te oor mis­kra­me en dood­ge­boor­tes en raak on­der­wer­pe aan soos die oor­sa­ke van swanger­skap s verlies, be­han­de­lings op­sies, sta­tis­tiek, ver­sor­ging ná jou ver­lie­se n voor­ko­ming.

Pas­toor Jus­ti­ne Pi­ke deel haar ver­haal en die e­mo­sies wat sy be­leef het. Sy ver­dui­de­lik wat haar ge­help het om die verlies be­ter te han­teer.

Ds. Braam Klop­per ver­dui­de­lik in die der­de deel meer oor die rou­pro­ses en die be­graf­nis of rou­diens. Hy help met ge­loofs­vrae wat ná so ’n er­va­ring by ’n mens kan spook.

Die boek sluit ook er­va­rings van an­der vroue in en be­vat ’n lys van groe­pe en or­ga­ni­sa­sies waar ’n mens hulp kan kry.

R170, Lux Ver­bi. Nog in­lig­ting by nb.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.