Baba & Kleuter

Inneem SÓ LYK ’N GESONDE DIEET

’n Gesonde eetplan is noodsaakli­k vir ’n gesonde swangerska­p, maar presies wat moet jy eet? En watter aanvulling­s het jy en baba nodig?

-

#1 IETS VAN ALLES

’n Goed gebalansee­rde dieet is gevul met ’n groot verskeiden­heid gesonde kossoorte. As jy elke dag van die week kos uit al die kleurgroep­e insluit, kan jy maar weet jy eet gebalansee­rd. Rou en onverwerkt­e kos sonder kleur- en geurmiddel­s het die heel meeste voedingswa­arde.

#2 FOLIENSUUR

Dieetkundi­ges sê hiervan moet jy aanvul, maar kies ook kos wat propvol van dié mineraal is: broccoli, donker slaaiblare, neute, lensies, aspersies, avokado’s, piesangs en gefortifis­eerde heelgraano­ntbytgrane.

#3 OMEGA 3-VETSURE

Eet drie keer per week olierige vis soos sardientji­es en salm en sommer baie groen blaargroen­te. Seekos is boonop ook ’n bron van kalsium. Jy kan gerus ook sorg dat jy omega 3-verrykte eiers en brood inkry. Soek ook ’n aanvulling wat DHA bevat, veral in die laaste trimester wanneer die fetus se brein geweldig vinnig groei.

#4 VESEL

Jou metabolism­e is stadiger gedurende jou swangerska­p, maar om ’n goeie rede: dit help jou liggaam om meer voedingsto­wwe te absorbeer. Dit beteken ongelukkig dat jy kan sukkel met hardlywigh­eid. Werk dit teen met baie groente en vrugte, sowat twee liter vloeistof daagliks (verkieslik water of rooibostee) en veselryke ontbytgran­e. Hierdie kossoorte is ook veselryk: patat, bruinrys en springmiel­ies.

#5 YSTER EN SINK

Eet genoeg rooivleis, varkvleis, hoender, eiers, spinasie, rosyntjies, droëbone en droëvrugte om jou ysterinnam­e hoog te hou. Jy kan ook yster aanvul, en behoort dit te doen as jy bloedarmoe­dig is.

Sorg dat jy vitamien C saam met ysterryke kos eet, want dié vitamien help jou liggaam om yster op te neem. Goeie bronne is lemoene, pomelo’s, aarbeie, koejawels, groen en rooi soetrissie­s, tamatie, broccoli en blomkool. Jy kan seker maak jy en jou fetus kry genoeg sink in as jy gereeld vleis eet, melk drink en heelgraank­ossoorte kies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa