HOEKOM ONS TERMINASIE GE­KIES HET

Baba & Kleuter - - JOU SWANGERSKAP -

T­ri­so­mie 18 is ’n baie seld­sa­me toe­stand. Vol­gens me­di­ci is die ri­si­ko 1 uit 10 000 vir vroue wat na­by aan of vroeg in hul der­tigs swanger raak. Hier­die ma van Kaap­stad was een van daardie 10 000. Sy ver­tel van die bit­ter pad wat hul­le moes stap na­dat hul on­ge­bo­re baba met t­ri­so­mie 18 ge­di­ag­no­seer is.

“Ek het vir my gi­ne­ko­loog ge­vra hoe ge­reeld hy t­ri­so­mie 18 sien. Hy het ge­sê hy sien een ge­val el­ke vyf jaar,” ver­tel A­let*. “Dit was ons twee­de s­wan­ger­skap. Ek het uit­ge­vind ek is swanger toe my oud­ste kind een jaar en drie maan­de oud was. Ek was 31 en ons was al ses jaar getroud.”

A­let het van die begin af ge­voel al­les is nie pluis nie, maar dit was met die so­na­ron­der­soek op 11 we­ke dat die dok­ter die vog ag­ter die baba se nek­kie op­ge­let het, een van die aan­dui­ders van ’n tri­so­mie­af­wy­king. Drie we­ke la­ter het A­let, toe 13 we­ke swanger, ’n dok­ter be­soek wat in pro­bleem­swan­ger­skap­pe spe­si­a­li­seer. Dié spe­si­a­lis doen ge­woon­lik eers teen 20 we­ke 4D-skan­de­rings, maar kon tóé al i­den­ti­fi­seer dat A­let se on­ge­bo­re baba nie net vog ag­ter haar nek­kie ge­had het nie, maar ook ’n hart­pro­bleem en ’n plat neus­been. Dis al­les vroeë aan­dui­ders van t­ri­so­mie-af­wy­kings.

“Die spe­si­a­lis het toe ’n ri­si­ko-ont­le­ding on­der­neem. Hy begin by ’n aan­vaar­de ri­si­ko, wat jou ri­si­ko is op grond van jou ge­skie­de­nis en ou­der­dom. Dít word dan aan­ge­pas met die uit­slag van die skan­de­ring, waar­na die ri­si­ko vir die moont­lik­heid om ’n baba met die af­wy­king te hê, be­paal word. Op grond van sy be­vin­ding het die dok­ter Har­mo­ny-toet­se aan­be­veel, wat die DNS en chro­mo­so­me toets.”

A­let-hul­le moes twee we­ke op die uit­slag van die toet­se wag. In­tus­sen het hul­le so­veel na­ge­lees soos wat hul­le kon. In daardie sta­di­um kon dit e­nig­een van die drie t­ri­so­mie-soor­te wees: 13, 18 of 21.

“Dit was bit­ter moei­lik, want jy is glad nie voor­be­reid op die goed wat jy lees en sien nie. Ba­bas met t­ri­so­mie 18 het ge­woon­lik hart­pro­ble­me en hul­le kan ge­woon­lik nie self eet of a­sem­haal nie. Die mees­te van hul­le kry voe­ding deur ’n buis. Baie van hul­le is blind of doof en huil glad nie.

“Ons het voor die uit­slag al die me­die­se fonds ge­raad­pleeg om vas te stel wat hul­le dek, ver­al in die ge­val van Do­wn­sin­droom, waar die kan­se op oor­le­wing baie be­ter is.”

A­let-hul­le se on­ge­bo­re baba se kans op oor­le­wing was eg­ter baie skraal. “Die kans dat jou baba le­wend ge­bo­re word, is 5 per­sent, het die dok­ter ge­sê daardie aand toe ons die uit­slag ge­kry het. Hy het ook by­ge­voeg dat in­dien sy ge­bo­re sou word, haar le­wens­ver­wag­ting tus­sen een uur en 10 dae sou wees.”

Vier dae na­dat hul­le die sleg­te nuus ge­kry het, het A­let-hul­le die ter­mi­na­sie­pro­ses begin. “Die dok­ters het dit ba­sies aan­be­veel. Met t­ri­so­mie 18 kan jy nie voort­gaan met die s­wan­ger­skap en hoop om die or­ga­ne te skenk nie, want daar is fout met el­ke sel in die baba se ly­fie.” In die vier dae wat ver­loop het tus­sen die uit­slag en die be­sluit om te be­ëin­dig, was al­bei hul ou­er­pa­re by hul­le. A­let en haar man het ook ’n be­ra­der ge­spreek. Dis nou ’n jaar la­ter en al­bei spreek steeds ’n siel­kun­di­ge wat hul­le met trau­ma-be­ra­ding help.

“Ek het ook ’n vrien­din ont­moet wat 10 dae voor ons haar s­wan­ger­skap be­ëin­dig het. Ons on­der­steun me­kaar baie,” sê A­let.

Daar was maar min steun by die hos­pi­taal waar die terminasie ge­doen is. “Ek het die dok­ter ’n paar keer ge­vra om te ver­dui­de­lik hoe die pro­ses werk en wat met my lyf sou ge­beur. Hy wou nie reg­tig nie. Hoe sy op die ou end ge­bo­re is, het baie tot my trau­ma by­ge­dra. Om­dat sy so klein was, is sy as me­die­se af­val be­skou en kon ons haar nie be­gra­we nie.”

A­let en haar man het eg­ter ’n paar maan­de ná die terminasie hul eie be­graf­nis ge­hou. “Ons het ook vir haar ’n nis­sie laat op­rig by ons kerk en ons ge­denk haar ge­boor­te­dag.”

A­let voel ná haar on­der­vin­ding baie sterk dat be­ra­ding­ses­sies ver­plig­tend moet wees vir ou­er­pa­re wat be­sluit om ’n s­wan­ger­skap te be­ëin­dig.

Wat haar deur­ge­dra het was om met so­veel moont­lik men­se te praat om ’n in­ge­lig­te be­sluit te kon neem. “Dis ook nood­saak­lik dat jy vrien­de en fa­mi­lie wat jou nie oor­deel nie, in jou ver­troue neem en so­veel moont­lik met jou man daar­oor ge­sels.”

Hoekom hul­le terminasie ge­kies het: “Haar kans op le­we was baie skraal en ons wou nie hê sy moes pyn voel nie. Sy sou nie kon eet of self a­sem­haal nie, en ons het ge­voel dit sou baie pyn­lik wees. Ons wou haar dit spaar. Vol­gens ’n pe­di­a­ter word dit in Suid-A­fri­ka as on­e­ties be­skou om op kin­ders met t­ri­so­mie 18 te o­pe­reer. Ons sou dus niks kon doen om dit vir haar mak­li­ker te maak nie.

“Ek dink eg­ter nie dit maak saak watter pad ou­ers kies nie – dit bly moei­lik en dit is iets wat jy die res van jou le­we met jou saam­dra.”

*S­kuil­naam ●

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.