Baba & Kleuter

APGAR STAAN VIR…

-

Aappearanc­e.

Jou baba se voorkoms en velkleur word waargeneem. As sy hele lyfie blougrys en bleek is, is die punt 0, as sy lyfie mooi pienk is, maar sy handjies en voetjies nog blou, is die punt 1 en as hy heeltemal pienk is, kry hy 2.

Pstaan vir pulse. Die dokter luister met ’n stetoskoop na jou baba se hartklop of hou die klopping van die naelstring dop. Geen hartklop nie is 0, minder as 100 slae per minuut is 1, en meer as 100 gee jou ’n punt van 2.

Ggrimace. Jou baba se reflekse of prikkelbaa­rheid word dopgehou wanneer sy neus uitgesuig word. As daar geen reaksie is nie, is die punt 0, ’n gesigtrekk­ing sorg vir 1, en as hy gesig trek en wegbeur, hoes of nies, is die punt 2.

Aactivity. Jou baba se spiertonus word beoordeel. As hy slap is en nie beweeg nie, is die punt 0. As hy sy ledemate ’n bietjie beweeg, is die punt 1, en as hy aktief beweeg, is die punt 2.

Rrespirati­on. As jou baba glad nie asemhaal nie, is die punt 0, as sy asemhaling flou en onreëlmati­g is, is die punt 1 en as hy sterk huil en normaal asemhaal, kry hy 2.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa