Baba & Kleuter

ANTIBIOTIK­A OF OORPYPIES?

-

Oorinfeksi­e word gewoonlik met antibiotik­a behandel, maar soms reageer middeloori­nfeksie nie op antibiotik­a nie as gevolg van ’n weerstandi­ge kiem of omdat die antibiotik­a- konsentraa­t wat die middeloor bereik nie genoeg is om die bakterieë dood te maak nie.

As jou kind drie of meer keer binne drie maande oorinfeksi­e gekry het, kan julle dreinering­spypies (grom

mets) oorweeg. Dié pypies word gewoonlik van silikoon gemaak en in die trommelvli­es geplaas om die werk van die buis van Eustachius oor te neem.

Voor die buisies in die oor geplaas word, moet die oorsaak van die oorinfeksi­e eers vasgestel word, sê dr. Nisius du Plessis, ’n Pretoriase oor-neus- keelspesia­lis. Tipiese sondaars is vergrote adenoïede (neuskeelma­ngels) en allergieë.

Nisius sê ’n klein snytjie word in die trommelvli­es gemaak, waarna die vloeistof uitgesuig en die buisie in die trommelvli­es geplaas word.

Die kind word dan ontslaan met antibiotie­se oordruppel­s wat enige oorblywend­e infeksie behandel en keer dat die vloeistof die pypies laat verstop.

’n Paar weke ná die operasie sal die dokter jou kind weer ondersoek om seker te maak die infeksie is weg en die ore is droog. Die buisies val gewoonlik self ná ses tot agt maande uit, en tot dan behoort jou kind elke drie of ses maande ’n draai by die spesialis te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa