Baba & Kleuter

DIT WERK NIE, WAT NOU?

-

Potjieless­e kan maande duur; wees dus geduldig en realisties. As julle ná ’n paar weke egter geen sukses behaal het nie, kan jy besluit om deur te druk of dit vir eers te los en ’n paar maande later weer te probeer. Voer jou besluit sonder enige bohaai deur.

Dit gebeur ook soms dat kinders wat goed begin het, terugval. Dit kan verband hou met veranderin­ge in hul lewe wat hulle onseker laat voel. Selfs iets soos siekte kan dit veroorsaak. Regressie is algemeen met die koms van ’n nuwe boetie of sussie, ’n trekkery, of selfs net as pa of ma ’n ruk lank van die huis af weg was. Moenie ’n ophef daarvan maak nie en hanteer dit kalm – die probleem verdwyn gewoonlik vanself.

Moenie haastig raak of jou kind met ander kinders vergelyk nie. Sommige kinders het meer tyd nodig; daar’s niks fout daarmee nie.

Die meeste kinders verkies dit om op die groot toilet te sit – skaf dan ’n ring aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa