Baba & Kleuter

SIT OF STAAN?

-

As jy ’n seuntjie het, het jy dalk al hieroor gewonder. Baie seuntjies sal dit aanvanklik verkies om op die potjie of toilet te sit en piepie eerder as om regop te staan en te mik. Dit is heeltemal normaal en aanvaarbaa­r, sê Ann. “Verseker hom dat dit in die haak is en probeer om nie druk op hom te plaas om dit op die ‘regte’ manier te doen nie.” As hy later wel sy pa wil na- aap, is dit die moeite werd om hom te help oefen om raak te piepie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa