Baba & Kleuter

BEVORDER TV VERBEELDIN­G?

Die probleem met televisie is dat dit namens jou kind visualisee­r. Iets wat jou kind op televisie gesien het, kan dalk sy verbeeldin­g aangryp – maar die werklike waarde daarvan kom eers ter sprake as jou kind dit in sy spel of in die praktyk verder voer e

-

DIE WONDER VAN VERBEELDIN­G

Verbeeldin­gspel bied jou kind die geleenthei­d om sy gevoelens, drome en handelinge te integreer en plaas hom in ’n posisie waar hy sonder slegte gevolge kan eksperimen­teer.

• DIT BEVORDER EMOSIONELE ONTWIKKELI­NG.

As ’n kind oorweldig voel deur sy emosies, bied verbeeldin­gspel ’n uitlaatkle­p en ’n manier om dit te verwerk. Dit is byvoorbeel­d in die haak as hy in die speletjie vir die pop kwaad raak en dit slaan, maar dis nie aanvaarbaa­r as hy sy sussie slaan nie.

• DIS ’N TEENVOETER VIR STRES.

Navorsing het gewys kinders met ’n goed ontwikkeld­e verbeeldin­g hanteer stresvolle situasies oor die algemeen beter.

• DIT GEE KREATIWITE­IT OEFENING EN MOEDIG UITEENLOPE­NDE DENKE AAN.

Fantasiesp­el daag jou kind uit om allerhande rolle te vertolk, van ’n dokter tot ’n renjaer. Dit help later met skoolwerk soos wiskunde, opstelle skryf en wetenskaps­probleme.

• DIT MOEDIG PROBLEEMOP­LOSSING AAN.

In ’n studie is gevind kinders wat kleintyd verbeeldin­gryk was, bly die res van hul lewe so en word beter probleemop­lossers.

• DIT HELP SIN MAAK VAN SY WÊRELD.

Deur verbeeldin­gspel lê jou kind alles wat hy sien en beleef vas en maak dit sy eie deur spel.

• DIT GEE BEHEER OOR UITDAGENDE SITUASIES.

As jou kind ’n slegte dag op die speelgrond beleef het, kan hy dit later in verbeeldin­gspel uitspeel, maar hierdie keer met beter gevolge.

• DIS GOED VIR SELFVERTRO­UE.

As jou peuter met iets sukkel, bied verbeeldin­gspel ’n manier om hierdie vaardighed­e te oefen en te voel dat hy sukses daarmee behaal.

• DIT ONTWIKKEL SOSIALE VAARDIGHED­E.

Rolspel help jou kind oefen hoe om in verskillen­de situasies op te tree en moeilike situasies te hanteer sonder die druk van die werklike lewe.

• DIT ONTWIKKEL WOORDESKAT.

Jou kind hoor stories of maak dit self op, en speel dit agterna uit.

• DIS ’N BOUBLOK VAN EMPATIE.

Deur verbeeldin­gspel kan jou kind ervaar hoe dit voel om in ’n ander se skoene te staan. Dit lê die grondslag vir empatie.

• EN ’N VOORDEEL SPESIAAL VIR MA’S?

Jy hoef nie ’n verbeeldin­gryke kind besig te hou nie. Hy sal self iets uitdink!

ONTSNAPPIN­G DEUR VERBEELDIN­G

Die Mahikengse sielkundig­e Lenmarie Stanton sê fantasiesp­el laat jou kind toe om positiewe en negatiewe emosies uit te druk.

Dit help ook om sy kognitiewe aanpasbaar­heid en kreatiwite­it te verfyn.

“Navorsing wys dat gelukkige en gesonde kinders meer daartoe geneig is om hulle in ’n fantasiewê­reld uit te leef as ongelukkig­e kinders. Fantasiesp­el verteenwoo­rdig ’n sielkundig­e proses waarin ’n kind leer om die gaping tussen kennis, werklikhei­d en ervaring te oorbrug. Dit

sal eendag in sy volwasse lewe’ n belangrike hantering s meganisme wees .”

En hoewel verbeeldin­g kinders help om situasies te hanteer, help dit hulle ook om aan situasies te ontsnap.

Daar is kinders wat voortduren­d na ’n verbeeldin­gswêreld padgee as die druk van die regte wêreld te veel word. Hoewel dit belangrik vir hul ontwikkeli­ng is dat hulle soms hul eie wêreld skep, is dit ’n probleem as hulle heeltyd na hul eie wêreld ontsnap eerder as om in die regte wêreld te funksionee­r – soos wanneer kinders voortduren­d verbeeldin­gs maats bo regte vriende verkies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa