NUUT OP DIE BOEKRAK
MA WEES MET HUMOR
Superma (en ander mites) gaan jou laat krul van die lag – dit is eerlik en wemel van skreeusnaakse staaltjies. Die skrywer, Chantelle de Wet, erken dat ma wees nie die maklikste taak is nie, maar sê jy kan dit in ’n avontuur verander as jy dit met humor aandurf. Lapa Uitgewers, R180.
AAN’T HEKEL
As jy van hekelwerk hou, is Hallo, hekel net die boek vir jou. Die boek bekyk ’n patroon en vertolk dit dan op vier verskillende maniere na gelang van jou styl. Die patrone wissel ook in moeilikheidsgraad – daar is dus iets vir elkeen. Die skrywers is Cornel Strydom, Elsbeth Eksteen en Anisa Fielding. Human & Rousseau, R310.
INSPIRASIE VIR BESIGE VROUE
Dagstukkies vir besige vroue is deur Christelle Webb-Joubert saamgestel en bevat dagstukkies deur bekende inspireerders soos Christine Feirrera, Helenè Bester en Aletté-Johanni Winckler. Met hierdie dagboek kan jy jou besige dag begin met troos, vrede en vreugde. Lux Verbi, R190.
ORDE EN INSPIRASIE
Beplan jou bedrywige jaar met Dag
boek sonder grense. Dis in wese ’n jaarbeplanner wat jy oor en oor kan gebruik. Die boek spog met bydraes deur bekende skrywers soos Janine Bevolo- Manders, Dina Botha en nog vele meer. Dis propvol wenke, resepte, kunsvlytprojekte en selfs woordraaisels! Lapa Uitgewers, R280.