Baba & Kleuter

Boeke vir babas

Wanneer behoort jy vir jou baba te begin voorlees? En watter boeke is die beste? ’n Kenner van vroeë kin der ontwikkeli­ng gee raad.

-

As ouers van ’n baba is daar so baie verskillen­de dinge waaraan ons aandag moet gee dat om vir baba voor te lees, dikwels agterweë bly. Dis ook nie altyd maklik nie – veral nie as jou baba jonger as ’n jaar is en die boek liewer wil eet as lees nie. Dan kan ’n mens nie help om te wonder of dit regtig die moeite werd is om jou baba so vroeg al aan boeke bekend te stel nie.

Moet egter nie moed verloor nie, sê Wilma Tindall, ’n Kaapstadse spesialis in vroeë kinderontw­ikkeling. Die voordele van stories hoor – selfs op so ’n bloedjong ouderdom – is oneindig.

Boeke en voorlees kan ... • Intimiteit skep deur jul nabyheid en die onverdeeld­e aandag wat jy aan jou kind bestee terwyl julle saamlees. • ’n Liefde vir boeke, stories, woorde en

klanke by jou kind begin kweek. • Met haar taalontwik­keling help. Kinders moet klanke en woorde hoor voor hulle kan leer praat. • Nuuskierig­heid stimuleer en jou kleinding meer leer oor die wêreld, sy dinge en die mense daarin. • Baba se verbeeldin­g aanwakker. • Jou kind aan die dink sit oor situasies,

emosies en probleme. • Jou kind leer om empatie vir ander men

se te ontwikkel. • Haar op die skool begin voorberei. As

jy vir haar lees, leer sy hoe om ’n boek te hanteer, dat ’n mens van links na regs blaai en dat geskrewe woorde iets beteken wat ontsyfer kan word. Wanneer ’n baba omtrent agt maande oud is, kan sy reeds vir kort rukkies konsentree­r. Dis dan ’n goeie tyd om haar op jou skoot te tel en saam na prentjies te kyk.

Jou kleinding kan luister wanneer jy dinge benoem of kortliks kommentaar op ’n prentjie lewer.

“Dit gaan nie regtig op hierdie ouderdom oor ’n storie nie,” verduideli­k Wilma. “Die waarde lê meestal in die liefdevoll­e aandag en jul gelukkige tyd saam, jul nabyheid en jul interaksie met helder, duidelike en eenvoudige prente wat as bekendstel-

ling aan boeke dien. Jou kind leer ook dat jy inligting uit ’n bladsy kan kry.

“Lees is ’n goeie roetine wat jy nou al kan begin. Hou net die sessies kort en prettig,” is Wilma se raad.

As jou baba jonger as agt maande is en jy is ywerig om vir haar te begin lees, stel Wilma voor dat jy boekies lees oor dinge in jul daaglikse omgewing wat jy kan uitwys en benoem, soos speelgoed, bekertjies, borde, klere en selfs mense se gesigte en troeteldie­re.

“Namate jou kind ouer word, kan jy ’n kort sinnetjie oor elke voorwerp byvoeg om haar taalontwik­keling aan te help,” sê sy.

“Kinders geniet die klanke, en is ook gek oor aksierympi­es.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa