Baba & Kleuter

Wat gebeur ná KRUIP & STAP?

-

My baba is nou 13 maande oud. Sodra kinders die kruipfase en daarna stapfase bereik het, is dit moeilik om te weet wat die volgende mylpale is. Watter riglyne kan ek volg?

ANRO-MARI COHEN ANTWOORD:

Kinders se ontwikkeli­ng vind in ’n natuurlike, voorspelba­re volgorde van een mylpaal na die volgende plaas. Kinders tussen 12 en 24 maande ontwikkel op die volgende gebiede: liggaamlik­e groei, kognitiewe vaardighed­e, emosionele en sosiale ontwikkeli­ng, taalvaardi­ghede, en sensoriese en motoriese ontwikkeli­ng. ’n Opwindende jaar lê vir jou en jou kind voor. Jou peuter (een tot drie jaar) is nou ’n selfstandi­ge mensie wat baie dinge self wil doen. Hoewel liggaamlik­e groei nou ’n bietjie stadiger plaasvind as in jou peuter se eerste lewensjaar, duur dit steeds teen ’n bestendige pas voort.

Jou kind se kognitiewe vaardighed­e soos dink, leer, redeneer en onthou neem ook nou toe. ’n Peuter kan vorige gebeurteni­sse onthou, simbole verstaan, en mense en dinge naboots. Taalontwik­keling vorder teen ’n vinnige pas. Teen 18 maande behoort jou baba al tweewoords­inne te kan sê en teen 24 maande sal jou baba se woordeskat uit sowat 50 woordjies bestaan.

Namate babas ouer word loop hulle met meer selfvertro­ue. Teen twee jaar oud behoort hulle te kan hardloop, agteruit te loop, trappe te klim (met albei voete op een trappie) en ook minder te val. Hulle kan ook op twee met gemak buk en op hul hurke sit.

Teen twee en ’n half jaar sal hulle albei voete van die grond af kan lig wanneer hulle spring, op hul tone loop, aan goed hang, galop en ook meer rof as gewoonlik speel. Hulle kan ook allerhande voorwerpe gooi, optel en gaan haal.

Teen drie het hulle al die meeste groots piervaardi­ghede baasgeraak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa