Baba & Kleuter

SPAAR SONDER JAN TAKS

Belastingv­rye spaarreken­inge is taamlik nuut. Is dit ’n goeie manier om vir jou kind se toekoms te spaar?

- DEUR SHANDA LUYT

Belastingv­rye spaarreken­inge is in 2015 deur die regering ingestel om ’n sterker spaarkultu­ur in Suid-Afrika te help vestig. Dit lyk of die plan werk: Sedert dit bekendgest­el is, is meer as 460 000 sulke rekeninge geopen en is ’n totale bedrag van meer as R5 miljard teen einde Februarie 2017 gespaar.

Marius Pretorius, woordvoerd­er van Old Mutual, vertel die kombinasie van belastingv­rye groei met buigsaamhe­id, lae koste, volle likiditeit en ’n eenvoudige en maklike aansoekpro­ses maak hierdie spaaropsie baie aantreklik.

Die idee is eenvoudig: Jy mag R33 000 per jaar (R2 750 per maand) belastingv­ry spaar tot ’n algehele maksimum van R500 000 in jou leeftyd. Met dié soort rekening is al die groei belastingv­ry, wat beteken jy betaal geen belasting op dividende, rente of kapitaalwi­ns nie.

Jou groei en opbrengs is dus groter as met ’n gewone spaarreken­ing, waar belasting soos dividendte­rughoubela­sting en belasting op verdiende rente afgetrek word voor jy begin voordeel trek.

Die idee is dat jy nie vir môre of oormôre spaar nie, maar vir die lang termyn. So nie, gaan die belastingv­oordeel jou nie juis help nie, sê Jaco van Tonder, direkteur van adviseursd­ienste by Investec-Batebestuu­r.

“Jy kry net ’n belastingv­oordeel as jou belegging betekenisv­ol gegroei het. ’n Mens sien gewoonlik eers ná 10 jaar hoe jou opbrengs met jou bydraes gelyktrek of dit oorskry. Ná 20 jaar word die waarde van jou belastingb­esparing beduidend wanneer jy dit met jou oorspronkl­ike bydrae vergelyk.”

’N SPAARPLAN VIR JOU KIND?

Is dit die moeite werk om so ’n rekening in jou kind se naam te open en oor jare daarin te belê?

Nie almal stem hieroor saam nie, sê Marius.

“Baie mense meen dat as jy die hele toegelate bedrag (R500 000 vir sy leeftyd) vir sy opvoeding gebruik, bewys jy hom eintlik ’n onguns omdat hy dan nie self so ’n spaarplan kan uitneem wanneer hy volwasse is nie.

“Maar as ’n mens onthou dat SuidAfrika­ners maar ’n skrale 3 persent van hul bruto inkomste spaar, is dit onwaarskyn­lik dat die meeste kinders werklik hul leeftydper­k sal benut. Die regering sal waarskynli­k ook mettertyd die huidige leeftydbep­erking van R500 000 verhoog om vir inflasie voorsienin­g te maak.”

’n Mens kan ook redeneer dat dit belangrike­r is om soveel moontlik op die mees belastingd­oeltreffen­de manier te spaar om ’n goeie opvoeding vir jou kind te verseker as om aan die R500 000 vas te klou.

“’n Goeie opvoeding sal waarskynli­k ook jou kinders se kans verbeter om ’n goeie inkomste te verdien,” sê Marius.

Daar is wel kommer dat kinders net tot hul 18de verjaardag wag en dan die geld uit hul spaarreken­ing trek en sonder hul ouers se goedkeurin­g uitgee.

“Dis egter ’n minder belangrike saak as ’n mens dit vergelyk met die voordeel wat dit inhou om geld beskikbaar te hê vir jou kind se studie of beginonder­neming.”

Hou egter dié praktiese oorwegings in gedagte, maan Jaco:

“Jy spaar net belasting as jy reeds ’n belastingb­etaler is. Jou kinders is selde belastinga­anspreekli­k voor hulle diep in hul 20’s is. Hulle gaan ook nie besonder baie belasting betaal voor hulle minstens 30 jaar oud is nie.

“Spaar jy dus om jou kinders te help om in hul 30’s ’n eie ondernemin­g te begin? Of spaar jy om hulle ná hoërskool ’n jaarlange blaaskans te gee?”

In die eerste voorbeeld is ’n belastingv­rye spaarreken­ing in die kind se naam ’n uitstekend­e opsie. Die belegging gaan heel moontlik vir 30 jaar belê word, en jou kind gaan ’n groot belastingv­oordeel kry.

In die tweede geval is dit nie so ’n goeie plan nie. ’n Belastingv­rye spaarreken­ing laat jou toe om net R500 000 oor jou leeftyd by te dra. As jy begin spaar wanneer jou kind vyf jaar oud is en julle onttrek die volle belegging wanneer hy of sy 22 is, is daar nog byna geen belastingv­oordeel vir jou kind nie.

Boonop is jou kind se hele toelae van R500 000 dan gebruik en kan hy nie verdere bydraes maak nie.

’n Mens kan enige tyd geld uit jou belastingv­rye spaarreken­ing onttrek sonder om gepenalise­er te word, verduideli­k Jaco. Maar as jy eers die maksimum bydrae vir jou leeftyd bereik het, kan jy nie die bedrag ná ’n onttrekkin­g weer aanvul nie.

As jy dus ná ’n te kort ruk geld uit die rekening trek, verbeur jy eintlik die belastingv­oordeel wat mettertyd opbou en mors jy ’n deel van die bydrae wat jy oor ’n leeftyd kan maak. So loop jy die potensiële langtermyn­opbrengs mis.

As jou plan daarom is om die geld te trek voor jou kind self ’n belastingb­etaler word, is dit waarskynli­k beter om die belegging in jou eie naam uit te neem, sê Jaco.

WAAR SPAAR JY?

Al die groot banke sowel as ’n verskeiden­heid ander finansiële instelling­s bemark belastingv­rye spaaropsie­s. Dit word streng gereguleer en omdat daar sterk mededingin­g is, word die kostes gewoonlik duidelik uiteengesi­t.

Sowel Marius as Jaco se raad is dat jy die belastingv­rye spaarreken­ing strukturee­r met bates wat groei (soos plaaslike en buitelands­e aandele) eerder as om dit oorwegend in kontant te hou, wat op lang termyn ’n veel laer opbrengs lewer.

“Jy kan in ’n suiwer rentedraen­de rekening belê of groeibates soos aandele oorweeg. Omdat belastingv­rye spaarreken­inge vir medium- en langtermyn­beleggings geskik is, moet jy ’n strategie oorweeg wat groeibates insluit,” sê Marius.

“Hoe hoër die verwagte groei is, hoe meer risiko hou die belegging gewoonlik in, en hoe laer die opbrengs, hoe laer die risiko.”

Onafhankli­ke finansiële raad is baie waardevol, sê hulle.

“Vra jou raadgewer se mening as jy een het,” sê Jaco.

“Baie mense wat begin spaar het egter nie ’n raadgewer nie en aan hulle is my raad: Hou dit eenvoudig. Kyk na die belastingv­rye spaarreken­inge by ’n instelling met ’n goeie reputasie of met wie jy reeds ’n verhouding het.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa