Baba & Kleuter

WIL NIE IN TOILET POEF NIE

My dogtertjie is nou drie jaar oud en het potjieless­e amper onder die knie. Sy wil egter nie in die toilet poef nie. Hoe maak ek nou?

-

DR. MARETHA COMBRINK ANTWOORD:

Dit is belangrik om te onthou dat elke kleuter uniek is. Kleuters is tussen 20 en 30 maande oud gewoonlik fisiek en emosioneel gereed vir potjieless­e. Hoewel die meeste kinders tussen drie en vier jaar oud ’n gevestigde toiletroet­ine bemeester, moet jy in gedagte hou dat ongelukkie­s gebeur. Dit hoef nie tot ekstra spanning te lei as dit reg hanteer word nie.

Daar is verskeie redes waarom kleuters gemaklik die toilet of potjie gebruik om te urineer, maar sukkel of selfs weier om stoelgang te passeer.

1. FISIEK Kleuters sukkel om hulleself gemaklik op ’n toilet te balanseer en te poef. Gebruik ’n potjie of sitplek-kussing.

2. TYD Jou kleuter is bang sy verloor kosbare speeltyd en sal dus gou hardloop om nommer een

uit te voer, maar ’n nommer twee probeer wegknyp.

3. ANGS Enige vorige onaangenam­e ervaring kan hulle senuweeagt­ig maak om stoelgang te passeer. Hardlywigh­eid is ’n groot sondaar en lei tot ’n bose kringloop. Wanneer dit pynlik is sal kleuters eerder knyp, wat dan weer die hardlywigh­eid vererger.

Verseker ’n dieet wat genoeg vesel en vloeistof bevat om hardlywigh­eid te voorkom.

Neem haar toilet toe min of meer op dieselfde tyd as wat sy gewoonlik poef. As sy nog nie ’n vasgesteld­e roetine het nie, neem haar sowat 20 minute ná ’n maaltyd.

Maak haar toiletroet­ine pret – sit en lees boekies saam met haar, vertel ’n storie of sing liedjies om haar op haar gemak te stel en angstighei­d te verminder. Gebruik ’n beloningsk­aart waar sy ’n sterretjie verwerf as sy suksesvol was.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa