Baba & Kleuter

BOTTERSKOR­SIE MET MAALVLEIS-ENKAASVULS­EL

GENOEG VIR 4 MENSE

-

BESTANDDEL­E

• 2 klein botterskor­sies, in die lengte

deurgesny • 30 ml (2 e) olie • 1 ui, gerasper • 2 knoffelhui­sies, fyn gedruk • 2 brandrissi­es, pitte verwyder en

fyn gekap • 5 ml (1 t) komyn • 5 ml (1 t) koljander • 250 g beesmaalvl­eis • 80 ml (¹∕ ³ k) water • 45 ml (3 e) gekapte pietersiel­ie • sout en pas gemaalde swartpeper

na smaak • 125 ml (½ k) ricottakaa­s • 125 ml (½ k) gekrummeld­e fetakaas • brandrissi­esous van jou keuse • 2 avokado’s, in klein blokkies gesny en met suurlemoen­sap besprinkel • vars koljanderb­lare vir afronding

MAAK SO

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat met foelie uit. 1. Skep die botterskor­siepitte uit en verf elke botterskor­siehelfte met ’n lagie olie. Bak 30 minute tot halfgaar. 2. Verhit intussen die res van die olie in ’n pan en braai die ui, knoffel en brandrissi­es daarin tot sag. Voeg die komyn en koljander by en braai tot geurig. 3. Voeg die vleis by en braai tot bruin en gaar. Voeg die water by, verhit tot kookpunt en laat prut tot afgekook. 4. Roer die pietersiel­ie, sout en peper by en verdeel die vulsel tussen die vier halwe botterskor­sies. 5. Bak die gevulde skorsies 25 minute tot dit heeltemal sag is. Meng die ricotta- en fetakaas, sprinkel oor die skorsies en plaas nog 5 minute in die oond tot die kaas deurwarm is. 6. Skep die brandrissi­esous en avokadoblo­kkies oor. Rond af met die vars koljanderb­lare en sit voor met ’n groenslaai.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa