Baba & Kleuter

WINTER-AKSIE SATISFAKSI­E

-

As daar nou een ding is wat ek by my Duitse man geleer het, is dit dat koue weer nie ’n verskoning is om binne weg te kruip nie. As jy ordentlike skoene en ’n lekker baadjie aan het, is ’n Suid-Afrikaanse winter wraggies niks om voor te skrik nie. Die skon skyn amper elke dag, al is dit maar flouerig, en ’n uitstappie in die natuur vroegmidda­g is beter as enige medisyne. Die hele gesin se gemoed word so gelig, en dis boonop gesond: Die oefening stimuleer jou immuunstel­sel, dit wakker jou aptyt aan en laat jou ook beter slaap as jy darem in die dag die son gesien het. Koue maak jou nie siek nie – dis kieme wat dit doen. Gaan lees maar ons wintergeso­ndheiddoss­ier wat op bl. 61 begin om verder uit te vind hoe jy jou gesin kan beskerm en behandel.

Ek het twee tieners wat eintlik net heel naweek en heel vakansie lank wil slaap en in die bed lê. Tydens die skoolkwart­aal neem hulle wel aan sport deel, maar ons het nou ’n vakansiere­ël ook ingestel: Ons moet elke dag tyd buite deurbring en die son sien, en ons moet elke dag sweet. Soggens bespreek ons gou waar en hoe ons dit gaan inpas. Ondanks hul dramatiese protes daarteen begin hulle binne vyf die uitstappie geniet, of ons nou in die park gaan stap of om die blok.

Wanneer dit regtig te triestig is, is dit pret om ’n inter-gesin-kompetisie te hou. Kyk byvoorbeel­d wie die lankste ’n plankstaan kan hou, of doen handstane teen die muur, of daag mekaar uit om groot strekke te oefen of balans-toertjies te doen. Dit maak ’n mens baie gou warm. My twee hou ook daarvan om musiek op te sit en te dans. Al hierdie dinge val ook so reg in ’n kleuter se kraal en kleuters sal nie dramaties protes aanteken nie.

’n Baba is ook nie ’n verskoning om die heeltyd binne te bly nie. Kyk bietjie op bl. 44 na die drasakke wat jou en baba kan help om snoesig te wees terwyl julle buite rondloop.

En die laaste geheim vir ’n goeie winter? Maak seker julle inentings is op datum. Antwoorde op kwelvrae oor inenting is op bl. 52 te kry.

En vir ’n warm hart? Druk jou kinders styf vas. Dis nie net lekker nie, dit laat jou baba se brein optimaal groei ook.

Groete tot volgende maand,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa