Baba & Kleuter

BABAVLEKKE

-

Jou pasgeboren­e se vel gaan ver van die prentjiemo­oie vel wees wat jy op baba-advertensi­es sien. Dit sal in die eerste weke en maande waarskynli­k eerder vol knoppe, vlekke en uitslae wees. Moet jou nie bekommer nie: Baie daarvan is nie net normaal nie, maar goed vir langtermyn-velgesondh­eid.

Dr. Carol Hlela, een van net twee pediatries­e dermatoloë in Suid- Afrika, verduideli­k hieronder die algemeenst­e veltoestan­de wat babas kan oorkom. Byna alles is tydelik en verdwyn gewoonlik met geen of min behandelin­g.

MILIA

WAT Klein, wit puisies wat soos witkoppies lyk. WAAR Hoofsaakli­k op die gesig en romp.

WANNEER Van geboorte tot die tweede of derde maand. Dit gaan self weg. Altesaam 30 tot 40 persent van babas word daarmee gebore.

WAAROM Baba se velporieë is verstop omdat die haarfollik­els en ander stelsels nog nie doeltreffe­nd van afval ontslae raak nie.

HANTEER DIT SO Gaan dokter toe om die diagnose te bevestig. As dit milia is, is geen behandelin­g nodig nie.

DROË, SKILFERIGE VEL

WAAR Enige plek op die liggaam, selfs oral.

WANNEER Dis algemeen by babas wat ná hul verwagte datum gebore is.

WAAROM Laatgebore­nheid, of weens ’n reaksie op die verkeerde produk.

HANTEER DIT SO As jou baba ná sy verwagte datum gebore is, sal die probleem vanself verdwyn.

As jy vermoed dat die produkte wat jy gebruik te sterk vir jou baba se vel is, moet jy na matiger produkte oorskakel wat meer sagkens is.

Moenie wasgoedver­sagtingsmi­ddels gebruik wanneer jy jou baba se klere was nie en bevogtig sy vel gereeld.

Raadpleeg jou dokter as die probleem voortduur – die toestand kan ekseem of igtiose wees, wat albei mediese behandelin­g vereis.

MELKKORS

WAT Skilferagt­ige of olierige wit of geel skilfers op die kopvel.

WAAR Begin gewoonlik op die wenkbroue en versprei na die kop.

WANNEER Kan van geboorte af tot op drie jaar voorkom.

WAAROM Daar word gemeen dat dit veroorsaak word deur hormone wat aan die einde van ’n swangerska­p afgeskei word. Dit oorstimule­er die baba se olieprodus­erende kliere.

HANTEER DIT SO Dit sal vanself verdwyn; moet dit nie aftrek nie. In hewige gevalle kan jy die dokter om ’n ligte kortisoonr­oom vra. Hou die plekkie met water skoon.

ERITEEM

WAT Rooi puisies of kolle wat soms soos vlooibyte lyk. WAAR Dit kan op enige plek voorkom, maar word gewoonlik nie op die handpalms of voetsole gesien nie. WANNEER Omtrent die helfte van alle babas kry dit in die eerste vier weke van hul lewe. WAAROM Die oorsaak is onbekend. HANTEER DIT SO Dit behoort vanself binne drie tot 14 dae te verdwyn. Gaan dokter toe as jy ’n diagnose of gemoedsrus verlang.

GEBOORTEVL­EKKE

WAT Kan voorkom as ’n bruin melkkoffie­vlek, donker moesie of ’n vlek wat soos ’n kneusplek lyk. ’n Portwynvle­k is rooipers en ’n ooievaarsv­lek salmkleuri­g. Sowat 80 persent van babas word met geboortevl­ekke gebore. WAAR Dit hang van die soort vlek af.

WANNEER Dit verskyn met geboorte. Party verdwyn, en ander duur tot in die volwasse jare.

WAAROM Die oorsaak hang van die soort vlek af, maar dit ontstaan gewoonlik omdat klein bloedvate onder die vel tydens die geboorte verruim.

HANTEER DIT SO Sommige vlekke verdwyn mettertyd terwyl die dokter ander moet ondersoek. Geboortevl­ekke is normaal en het selde ’n blywende uitwerking op die voorkoms of gesondheid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa