Baba & Kleuter

Leeshoekie

Vandeesmaa­nd is daar iets vir elke smaak op ons kinderboek­rak.

-

SPITS JOU ORE Lees en luister: Eerste lesse-klankboek en Diere-klankboek is twee stewige boeke geskik vir drie- tot sesjariges. Dit stel jou kleuter en voorskools­e kind bekend aan getalle, kleure, vorms en teenoorges­teldes, en vertel ook meer oor die doen en late van ’n verskeiden­heid diere. Wanneer jou kleuter met sy vingertjie op ’n prent druk, sal hy interessan­te feite en geluide, asook die naam van die dier op die prent hoor. Human & Rousseau, R235 elk.

BEKENDE BYBELSTORI­ES My eerste boek met Bybelstori­es bevat 12 bekende Bybelstori­es wat op ’n vars manier oorvertel word. Daar is ses bekende verhale uit die Ou Testament soos “Noag se ark” en “Josef se kleurvolle jas”, asook ses uit die Nuwe Testament, onder meer ”Die doop van Jesus” en “Die wonderwerk­e van Jesus”. Die illustrasi­es trek aandag en daar is net genoeg teks op elke blad dat jong lesers dit maklik sal kan lees en verstaan. Penguin Random House, R250.

IETS VIR DIE AGIES As jy ’n nuuskierig­e agie vir ’n kind het, is hierdie boek net vir hom of haar. My ensikloped­ie van baie belangrike dinge is vir vyfjariges en ouer geskik. Dis vol feite wat jou kind help om die wêreld ’n bietjie beter te verstaan. Daar’s interessan­te temas soos diere, mense, planete, woestyne, vastelande, Vikings, farao’s en tale. Die temas word met treffende illustrasi­es, foto’s en eenvoudige teks uiteengesi­t. Lapa Uitgewers, R300.

UM, WAAR IS DIE KROK? Jy soek jou dalk lam na die krokodil in Daar’s nie ’n krokodil in hierdie boek nie, maar jy ontmoet darem genoeg ander bekende sprokieska­rakters, van Aspoestert­jie, Gouelokkie­s, die drie beertjies en Rooikappie tot Jan se boontjiera­nk ... Dis ’n lekker lawwe storie en Jaco Jacobs se skreeusnaa­kse rymende teks sal ’n gegiggel waarborg. Die illustrasi­es is deur Chris Venter. Die boek is geskik vir driejarige­s en ouer. Lapa Uitgewers, R130.

IETS WAT JOU HART VERWARM Ben is ’n hardebandb­oek met 10 snaakse en hartverwar­mende stories wat op vyf- tot agtjariges gemik is. Ben en sy troeteldie­rskilpad is onafskeidb­aar en beleef ’n rits avonture, of dit nou is om ’n boomhuis te verower of in ’n duikboot te vaar. Die illustrasi­es is kostelik en die teks is groot genoeg vir beginnerle­sers. Protea Boekhuis, R180.

IMMERGROEN SPROKIES Die Eerste sprokiesre­eks bestaan uit sprokies wat al geslagte lank vir kinders vertel word. Rooikappie, Hansie en Grietjie, Die lelike eendjie en Die drie varkies is vier kinderboek­e wat jou drie- tot sesjarige se verbeeldin­gswêreld sonder twyfel sal verryk. Die illustrasi­es deur Sophia Touliatou is prettig, helderkleu­rig en geskep om aandag te trek. Human & Rousseau, R85 elk.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa