Baba & Kleuter

Troeteldie­re

-

LEEFSTYL Die soort hond wat julle gaan kies hang van jul gesin se behoeftes af. Wees realisties oor jul leefstyl en of die hond wat julle kies, genoeg oefening gaan kry. Die beroemde hondeghoer­oe Cesar Millan reken op sy webtuiste cesarsway.com dat as jou kinders aktief is en buite speel, ’n aktiewe hond goed by die gesin sal inskakel. Sy raad is ook dat as jou kinders dit verkies om in die huis te speel, julle liefs ’n hond moet kies wat die regte temperamen­t vir so ’n leefstyl het. Hou in gedagte dat oortollige energie tot gedragspro­bleme kan lei. HUIS- HUIS Kies ’n hond wat pas by die soort huis waarin julle woon. ’n Groter ras is meer geskik vir ’n huis met ’n groot tuin waar hulle na hartelus kan speel. As jy in ’n woonstel woon en daar nie baie plek is nie, is ’n kleiner en rustiger hond dalk meer geskik. VERSORGING Groter honde eet meestal meer as kleiner rasse en ’n hond met lang hare moet dikwels by ’n hondesalon versorg word. TEMPERAMEN­T Jou klein ekstrovert­jie sal baie beter pas by ’n hond wat vriendelik en toeganklik is, terwyl ’n gereservee­rde kind wat daarvan hou om op sy eie te wees, goed met ’n versigtige­r hond sal klaarkom. Cesar beveel ook aan dat jou kleingoed die hond eers ontmoet voor julle hom koop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa