Baba & Kleuter

In die baarmoeder: 3de trimester

In die laaste aflewering van ons kort reeks bekyk ons jou baba se ontwikkeli­ng van week 28 tot en met haar geboorte.

- DEUR TINA OTTO

MAAND SEWE WEEK 28

Jou baba bring tot 70 persent van haar tyd deur in ’n dromerige staat waarin haar oë vinnige bewegings maak (REM-slaap). Die longe en spysverter­ingstelsel is steeds nie heeltemal voltooi nie en die baarmoeder bly die heel beste plek vir jou kleinding. Die hart klop al lekker sterk – tot 160 slae per minuut. Sy is in ’n klein balletjie opgekrul en is die grootte van ’n klein waatlemoen.

WEEK 29 TOT 30

Wit vet word nou neergelê. Jou baba behoort om te draai sodat sy met haar kop na onder lê en namate die plek ál minder raak, sal jy agterkom dat haar bewegings ook kleiner raak. Sy is sowat 40 cm lank en weeg omtrent 2 kg. Sy kan jou stem herken en kan tot rus kom wanneer jy met haar praat of vir haar sing.

In die laaste weke voor geboorte sal jou baba heel moontlik begin hik, iets wat jy dadelik self sal kan voel.

MAAND AGT 31 TOT 35 WEKE WEEK 31

Jou baba ontdek dalk nou haar naelstring en kan gereeld daarmee speel, dit draai of daaraan vashou. Op die sonar kan ’n mens sien hoe tweelinge aan mekaar raak en met mekaar speel. Al die werk aan die hoof liggaam stelsels is amper klaar. Jou baba is in staat om haar oë se fokus te verander en dit vinnig te knip.

WEEK 32

Die sentrale senustelse­l is nou volwasse genoeg dat dit die asemhaling s bewegings kan beheer en reflekse kan uitvoer soos die pupille se verkleinin­g in reaksie op lig. Jou kleinding se spiere is heeltyd besig om saam te trek en te ontspan. Haar vel is pienk en glad noudat ’n stewige laag vet vasgelê is. Die smaakklier­e ontwikkel en jou baba het meer smaakknopp­ies op haar tong as jy.

WEEK 33

As jou baba nou gebore sou word, is daar ’n taamlik goeie kans dat sy buite die baarmoeder kan oorleef. Selfs al kan jou baba sien, het haar sig nog nie goed ontwikkel nie omdat ’n mens nou nie juis in die baarmoeder veel kan rondkyk nie. Dit sal byna agt jaar duur voor haar visuele sintuig ten volle ontwikkel het.

Haar gehoorsint­uig is ingestel op haar ma se taal en sy kry nou reeds die grondslag van haar moedertaal. Die baarmoeder is ’n baie raserige plek vol geluide.

WEEK 34

Jou baba lyk nie meer soos ’n verrimpeld­e garnaal nie, maar het ’n pienker, gladder voorkoms namate meer vet onder die

vel gevorm word. In die laaste trimester sluk sy elke dag tot 750 ml van die omliggende vrugwater.

Die geure van kos wat jy eet beland in die vrugwater en so word jou baba se smaaksintu­ig voorberei op die smake wat sy eersdaags eerstehand­s sal geniet. Van die geslukte vrugwater beweeg deur die naelstring terug in jou bloedsomlo­op, en die res word deur baba in die vrugwater teruggepie­pie.

WEEK 35

Teen die einde van hierdie week kan jou baba al 2,5 kg weeg en sowat 45 cm lank wees. Meer gewig moet egter aangesit word om te sorg dat haar liggaamste­mperatuur ná haar geboorte behoorlik gereguleer kan word. Haar longe het amper ten volle ontwikkel, maar dis steeds vir haar beter binne-in die baarmoeder as daar buite.

MAAND NEGE 36 TOT DIE EINDE WEEK 36

Jou baba hou aan groei en vet opbou, maar in die laaste weke groei sy stadiger omdat daar nie eintlik meer plek oor is om nog uit te sit nie. Die maksimum hoeveelhei­d vrugwater omring jou baba en ná hierdie week sal jou liggaam daarvan begin herabsorbe­er.

Dinge word nou baie beknop en jou baba se bewegings is dus gering, maar skerp.

WEEK 37

Jou kleinding se derms is al klaar vol mekonium, ’n taai groen of swart stof wat bestaan uit uitskeidin­gs van die spysverter­ingstelsel, galpigment en geslukte lanugo sowel as selle van die spysverter­ing s wande.

Jou baba se suigreflek­s het klaar ontwikkel en die asemhaling s refleks en longe is gereed vir asemhaling in die lug.

WEEK 38

Slegs ’n sweempie van die lanugo bly op baba se vel agter. Haar bewegings word nog minder namate die geboorte nader kom. Sy kan dalk ’n bietjie rondkriewe­l en selfs hik, iets wat jy maklik kan voel.

Jou baba behoort nou haar ken ferm op haar bors te hê, sodat die agterkant van haar kop in die regte posisie is om met geboorte eerste uit te kom.

WEEK 39 TOT 40

Jou baba vul die hele baarmoeder. Haar vingernael­s is dalk al langer as haar vingerpunt­e. Al haar sintuie werk en is gereed om die wêreld te ontdek.

Teen die einde van maand nege is jou baba 48 tot 52 cm lank en weeg sy tussen 3 en 3,4 kg. Haar kopomtrek is sowat 38 cm.

Nou is dit net ’n kwessie van wag ...

 ??  ?? 28
28
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa