Baba & Kleuter

Nuwe baba? Oorleef die eerste 21 dae

Wonder jy hoe jy jou taak as nuwe ma gaan hanteer? Dít is wat jy in die eerste drie weke ná jou baba se geboorte kan verwag.

- DEUR LIBBIE JOUBERT

Met ’n pasgebore baba in die huis kan jou emosies wissel van verwonderi­ng tot algehele paniek. Hier is raad: Pak die volgende paar weke dag vir dag aan – en soms uur vir uur!

Die volgende 21 dae gaan ’n tyd van aanpassing wees. Vergeet eers van die huis – dis tyd om jou baba te leer ken. Dis ’n tyd van harde werk, waarin jy gaan leer hoe om jou baba te hanteer, te bad en te voed, om doek te ruil, winde uit te vryf en hoe om jou nuwe lewe saam met jou pasgeboren­e in te rig.

Nuwe ma’s word gewoonlik met goedbedoel­de raad oorval. Dink mooi voor jy reageer. Volg dit net as dit sin maak en op jou situasie van toepassing is.

Omring jou met ondersteun­ende vriende en familie wat kan help met huiswerk, maaltye en die versorging van jou baba, en wat jou die ruimte gun om te herstel en te rus. As jy nie hierdie luuksheid het nie, probeer om so rustig moontlik te wees wanneer jy kan. Slaap wanneer jou baba slaap. Moenie dié kosbare tyd gebruik om WhatsApps te beantwoord of huistakies te verrig nie.

In hierdie tyd leer jy nie net meer oor jou baba nie, maar ook oor jouself en jou hantering s vaardighed­e.

WEEK 1 BIND MET JOU BABA

Die hormone prolaktien, oksitosien (albei borsvoedho­rmone) en relaksien bereik net ná geboorte ’n hoogtepunt in jou liggaam en bevorder binding. Jy sal ’n groot voorraad daarvan hê as jy besluit om te borsvoed, maar selfs ma’s wat nie borsvoed nie, kry hul dosis net ná die geboorte in. Dit sal jou help om met jou baba te bind.

As jou baba in die hoësorgeen­heid is, voel jy dalk jy is van dié geleenthei­d ontneem, veral as dit lyk of die toerusting, verpleegst­ers en dokters jou rol as versorger oorneem. Dit help dan om gereeld vel-tot-vel-kontak met jou baba te hê. Die meeste hospitale moedig kangaroe moeders orgaan, maar jy sal dalk toestemmin­g daarvoor moet vra.

BORS BO!

In jou baba se eerste week het hy elke twee tot vier uur voeding nodig, gemiddeld dus drieuurlik­s. Dit kan tot nege of 10 voedings binne 24 uur beloop.

Eksperimen­teer met maniere om jou baba vas te hou sodat dit vir julle albei gemaklik is.

Jy gaan nie dadelik borsmelk hê nie, maar eers kolos t rum. Hierdie hoë kalorievoe­ding is volmaak vir die behoeftes van pasgeboren­es en vroeggebor­e babas en het ’n hoë voedingswa­arde. Kolostrum help ook om jou baba se magie te laat werk en mekonium (sy eerste stoelgang) uit te skei. Dit dien daarby as voering vir sy dermkanaal en voorkom melkallerg­ieë.

Voor jou melk inkom, is jou borste sag en is dit vir jou baba makliker om te leer vasheg. Ná drie dae gaan jou borste voller voel en dit kan help om hulle in warm water te week voor jy voed.

Maak seker dat jou bra gemaklik en ondersteun­end is. Pak koolblare op ongemaklik­e of verstopte borste.

SLAAP SOOS ’N BABA

Melatonien is die slaaphormo­on en omdat jou baba tot dusver net aan die donkerte van jou baarmoeder gewoond was, het hy baie min daarvan. Daarom registreer sy brein nog nie die verskil tussen dag en nag nie. In hierdie stadium moet jy hom nog eweveel gedurende die nag as in die dag voed.

Teen ses weke oud het babas genoeg melatonien om tussen dag en nag te onderskei en party kan selfs deur die nag begin slaap. Baie babas begin egter eers heelwat later – op ses maande of daarna – deurslaap. Jou pasgeboren­e het 18 tot 20 uur slaap per dag nodig, maar hy sal dikwels wakker word om te voed – slaap dus maar wanneer hy slaap.

SÓ LYK BABA

Jy is dalk aanvanklik besorg oor die vorm van jou baba se kop. Die kraamprose­s, die vorm van jou bekken en jou baba se sagte skedel dra alles by tot hierdie vreemde vorm, wat mettertyd vanself regkom.

Jou baba se vel kan bedek wees met wit, romerige vernix en sagte, veeragtige haartjies kan sy skouers en arms bedek, veral as hy vroeg gebore is.

Sy kleur sal ook in die eerste week verander. Die meeste babas se vel het ná die geboorte ’n blouerige ondertoon, maar dit word vinnig pienk met die eerste huil wanneer hul longe met lug gevul word.

Babas met ’n donker vel kan aanvanklik baie lig voorkom tot hul lyfie genoeg me lanie n( vel verkleurin­g s pigment) produseer.

Voltermynb­abas se geslagsorg­ane kan buite verband groot en geswel lyk, of buitengewo­on klein in die geval van vroeggebor­enheid. Dit word deur jou hormone veroorsaak en jou dokter sal seker maak dat alles in orde is.

DIE EERSTE VAKSIENE

Jou baba sal in die hospitaal ’n mondelikse poliovaksi­en asook immunisasi­e teen tuberkulos­e kry. Die verpleegst­er sal jou ’n immuniseri­ng s kaart gee waarop die voorgestel­de datums vir sy toekomstig­e immuniseri­ngs aangedui is.

MYLPALE IN WEEK 1

Jou baba moet dadelik ná sy geboorte leer om self asem te haal en onafhankli­k te oorleef. Onbewuste reflekse help hom om melk te soek en hom aan ’n ander mens te heg wat hom sal beskerm. Hy word voorsien van ’n skrik-, gryp-, suig-, soeken loopreflek­s wat binne die eerste jaar verdwyn. Ander reflekse, soos om oë te knip, te nies en te sluk sal ’n leeftyd hou.

NAELSTRING­SORG

Voor jy die hospitaal verlaat, word die klampie verwyder wat jou baba se naelstring vasgeklem het. Die koord sal uitdroog en ná sewe tot 10 dae afval.

Hou dit so droog moontlik. Laat die naelstring soveel lug moontlik kry en maak seker dat die doek weg daarvan gevou word sodat dit nie daarteen skuur nie. Maak die naelstring met elke doekruilin­g skoon. Doen dit so:

Doop watte in ontsmettin­gsalkohol en tik die naelstring en die voutjies van die naeltjie skoon. Die naeltjie kan dalk af en toe ’n bietjie droë bloed wys, maar dit moet nooit bloei nie. Soek mediese hulp as sig uitloop of die naeltjie sleg ruik.

TROOS MY, MAMMA

Huil is jou baba se enigste kommunikas­iemiddel en ma’s reageer instinktie­f op hierdie hulproep. Jou baba sal in die eerste paar dae huil wanneer hy honger is of pyn voel.

Ma’s is dikwels ontnugter wanneer hulle agterkom dat hul baba by die huis meer huil as in die hospitaal. Dit beteken egter net dat jou baba in die hospitaal geleer het om jou te vertrou om op sy hulproep te reageer en daarom voel hy veilig om verskillen­de behoeftes aan jou te kommunikee­r.

Dis maklik om ’n pasgeboren­e te sus. Jou baba sal positief reageer op aanraking, veral vel-tot-vel-kontak en wanneer jy hom styf vashou; en ook wanneer hy ’n vriendelik­e stem hoor, veral sy ma s’n.

BASIESE BABASORG

Die meeste hospitale sal jou wys hoe om jou baba te bad. Dit sal help om meer as een keer te kyk hoe die verpleegpe­rsoneel dit doen. Hulle sal jou wys hoe om hom veilig vas te hou en hoe om ’n glibberige babatjie in die bad te hanteer.

As jy nog nie gemaklik daarmee voel om jou baba self tuis te bad nie, beproef die volgende: • Vra iemand om jou te help. • Koop ’n badstoeltj­ie. Dit sal jou baba veilig in die water hou terwyl jy albei hande tot jou beskikking het. Jy hoef hom nie dadelik te bad nie. Sorg dat sy boudjies skoon is en dat jy die melk wat in sy nekvoue mors uitvee, en gun jou ’n paar dae om selfvertro­ue te kry voor jy hom die eerste keer bad.

BADTYD

Doop watte in afgekoelde kookwater (nie vuurwarm nie) en vee jou baba se ogies van die binnehoek af buitentoe. Gebruik ’n skoon stukkie watte vir elke oog. Vee die gesig saggies met watte of ’n waslap af.

Laat hom in ’n posisie lê wat jou toelaat om maklik by die voue van sy nek en onder sy ken uit te kom en vee dit sagkens af. Maak hom sagkens maar deeglik droog. Vee agter sy ore af, want die melk wat hy nou en dan opbring, kan daar versamel.

Lig elke armpie versigtig en vee sagkens daaronder, want die veloppervl­akke vryf hier teen mekaar en kan gevoelig wees.

Was onder en om jou seuntjie se geslagsorg­ane en was jou dogtertjie se boudjies van die geslag na die anus toe om infeksie te voorkom. Maak jou baba deeglik droog, wend boudroom aan en sit sy doek aan.

In die eerste dae huil ’n baba gewoonlik van honger of wanneer hy pyn het (soos brandboudj­ies).

WEEK 2 HOE GAAN DIT MET JOU?

Jy het die eerste week saam met jou nuwe baba oorleef en het nou ’n bietjie meer selfvertro­ue as ’n nuwe ma. Jy raak gewoond daaraan om 24 uur van elke dag op bystand te wees vir ’n klein hulpelose wesentjie wat geheel en al van jou afhanklik is. Soms kan dit oorweldige­nd wees en sommige ouers voel selfs skuldig omdat hulle nie onmiddelli­k op hul baba verlief is nie. As jy so voel, weet dat jy nie alleen is nie. Dink na oor jou swangerska­p (was dit fisiek of emosioneel moeilik?), die geboorte, jou baba se gesondheid, jou ondersteun­ing snetwerk en ander spanninge soos jou werk en finansiële perke. Bespreek dit met iemand met ’n simpatieke oor wat jou sal help om veranderin­gs te maak om jou nuwe lewe beter te hanteer. Onthou, nageboorte­like depressie is vir baie ma’s ’n werklikhei­d.

HOU BABA GESOND

In hierdie vroeë stadium moet jy besoekers liefs tot onmiddelli­ke familie beperk. Jou baba se immuunstel­sel is nog onderontwi­kkel en jy het jou energie nodig om hom dag en nag te versorg.

Jou baba se naelstring lyk uitgedroog en swart en is dié week gereed om af te val. Maak dit met elke doekruilin­g mooi skoon.

Jou baba se vel moet aanpas by ’n nuwe omgewing; kies daarom geurlose sepe, waspoeiers en skoonmaakm­iddels waar jy kan. Wit puisies kan op sy neus en wange uitslaan. Dis skadeloos, word deur verstopte kliere veroorsaak en verdwyn vanself. As jou baba geelsug gehad het, begin dit nou vervaag.

BORSVOEDIN­G

As jou baba korrek aanheg en vassuig, kan jy borsvoedin­g regtig geniet. Hier is ’n paar stappe wat jou daarmee sal help: • Hou jou baba vas dat hy na jou toe kyk,

verkieslik met vel-tot-vel-kontak. • Stimuleer sy soekreflek­s deur sy wang

en mond met jou tepel te kielie. • Wag tot jou baba sy mond op sy grootste oopmaak voor jy vir hom die bors bring. • Wanneer jou tepel in jou baba se mond is, sal dit sy suigreflek­s stimuleer. Sy lippe moet aan jou areola vassuig om ’n suigseël te skep. • As jou baba korrek heg en vassuig, voorkom dit bykans enige borsvoedin­gsprobleem soos gebarste of bloeiende tepels, oorvol borste, ’n honger baba en te min melk.

JOU BABA SE SLAAP

Pasgebore babas ontwikkel stelselmat­ig ’n slaappatro­on. Daar is vyf slaapstadi­ums en dis tot jou eie voordeel om jou baba nie te pla voor hy in ’n diep slaap verval nie. In die eerste dae sal jou baba vinnig deur die stadiums tot in ’n diep slaap beweeg. Later duur dit langer, maar die voordeel is dat hy dan vir langer rukke op ’n slag slaap. Die stadiums is: • Wakker staat. Baba se oë is oop en hy

reageer op oogkontak en is wakker. • Rustige staat. Baba lê rustig, maar is steeds waaksaam. Hy kyk na jou uitdrukkin­gs en luister na jou stem. • Vaak staat. Jou baba beweeg baie min en knip sy oë stadig wanneer daar geraas of stimulasie is. • Ligte slaap. Jou baba slaap met vinnige oogbewegin­gs (REM) en sal soms rondbeweeg en suig. ’n Skielike klank soos ’n deur wat klap, sal hom wakker maak. • Diep slaap. ’n Baba wat diep slaap sal swaar in jou arms word omdat hy heeltemal ontspan. Sy oë is styf toe en beweeg nie, sy asemhaling is reëlmatig en huisgeluid­e sal hom nie wakker maak nie. Ouer babas wat sukkel om hulleself tot bedaring te bring en wat in hul ligte slaap gesteur word, sal vinnig weer heeltemal wakker wees en hul slaap sal vir die volgende paar uur versteur wees.

WAT SÊ JOU BABA?

Jy leer jou baba nou om jou te vertrou en as jy op sy gehuil reageer, stel dit hom gerus dat jy hom nie in die steek laat of weggooi nie. Sy eerste behoefte is kos en babas hou nie van hongerpyne nie. Voorkom ’n groot kabaal deur sy volgende voeding betyds aan te bied, nog voor hy histeries begin huil.

HOE LYK JOU BABA NOU

In die tweede week herstel jou baba se lyf waarskynli­k nog van die geboorte. Die swelsel om sy kop sak en sy kopvorm is besig om te herstel. Die brug van sy neus

word meer prominent en enige kollerighe­id op sy vel begin vervaag – hy lyk nou baie oulik!

Sy hande kan styf toemaak en omdat sy bene nog meestal uit kraakbeen bestaan, kan sy liggaam in enige posisie vou en weer terugvou na die fetusposis­ie.

Sy magie kan opgeblaas lyk weens sy oorgroot lewer. In teenstelli­ng daarmee is sy arms en bene klein en dun.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa