Baba & Kleuter

Hiep kiep hoera vir hoender!

Dis veelsydig en voedsaam – en almal hou daarvan, die kleingoed ook.

-

KASERIGE QUESADILLA­S

VIR DIE KOSBLIK BESTANDDEL­E

• 2 gekoopte tortillas • 125 ml (½ k) gerasperde kaas • 2 vellose hoenderbor­sies, gaargemaak

en in fyn repies gesny • 1 tamatie, gekap GAAN SÓ TE WERK 1. Plaas 1 tortilla in ’n verhitte pan. 2. Sprinkel die kaas oor en pak die hoender en tamatie bo-op. Plaas die ander tortilla bo-op. 3. Braai die onderste tortilla vir ‘n minuut of wat. Keer die gereg met die hulp van ’n bord om. Braai die onderste tortilla. 4. Verwyder die gereg van die hitte, sny in

wiggies en sit voor of pak in ’n kosblik.

BABAPASTA

VANAF 9 MAANDE BESTANDDEL­E

• 10 ml (2 t) kanola-olie • 1 prei, gewas en fyn gesny • 50 g vellose hoenderbor­sie,

in fyn stukkies gesny • 50 g fyn pastavormp­ies • 125 ml (½ k) hoenderaft­reksel

(kies een met min sout) • 15 ml (1 e) tamatiepas­ta • 30 ml (2 e) maaskaas • 15 ml (1 e) gekapte basiliekru­id

GAAN SÓ TE WERK

1. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die prei sowat 5 minute tot sag. Voeg die hoender by en braai ’n paar minute. Voeg die pasta, aftreksel en tamatiepas­ta by, plaas die deksel op en laat 10 minute prut. 2. Verwyder van die hitte en roer die maas

kaas en gekapte basiliekru­id by. 3. Druk die pasta met ’n vurk ’n bietjie fyner om by jou baba se kouvermoë te pas. As jou baba nog glad nie tekstuur eet nie, kan jy dié maaltyd in ’n puree verander. Jy kan die gereg in twee verdeel – een porsie wat dadelik geëet kan word en een wat gevries kan word.

KRUMMELREP­IES

PEUTER-GUNSTELING BESTANDDEL­E

• 250 ml (1 k) broodkrumm­els • 2 vellose hoenderbor­sies,

in lang stroke gesny • 125 ml (½ k) gerasperde parmesaan

kaas • 15 ml (1 e) olie • 125 ml (½ k) koekmeel • 2 eiers, liggies geklits

GAAN SÓ TE WERK

1. Verhit die oond tot 180 °C. 2. Sprinkel die broodkrumm­els egalig oor ’n bakplaat en bak tot goudbruin. Sny intussen die hoender in repies. 3. Skep die broodkrumm­els in ’n vlak bak, voeg die parmesaank­aas by, bedruip met bietjie olie en roer om te meng. 4. Plaas die meel en eiers elkeen in ’n vlak bak. (Jy het dus drie bakke: een met die gegeurde broodkrumm­els, een met die eier en een met koekmeel.) 5. Verhoog die oond se temperatuu­r tot

200 °C. 6. Plaas ’n draadrak bo- oor ’n bakplaat en

spuit dit met kossproei. 7. Werk stuk-stuk en doop die hoenderrep­e eers in die meel. Skud oortollige meel af, doop in die eier en laastens in die broodkrumm­els. Pak die gekrummeld­e hoenderstu­kke op die rak. 8. Bak sowat 12 minute tot die hoender

gaar is. Draai die repe halfpad om.

HOENDERBOL­OGNESE

VIR DIE HELE GESIN BESTANDDEL­E Frikkadell­e

• 500 g hoendermaa­lvleis, so gekoop of

in jou voedselver­werker fyngemaak • 1 ui, gerasper • 1 eier, geklits • 60 ml (¼ k) Italiaanse pietersiel­ie,

gekap • 125 ml (½ k) hawermouts­emels • sout en peper na smaak, kanola- olie,

olyfolie en meel vir braai Tamatiesou­s • 1 ui, gekap • olyfolie vir braai • 2 blikke (410 g elk) heel geskilde tama

ties • 5 ml (1 t) suiker • 60 ml (¼ k) basiliebla­re, gekap Vir voorsit • gaar spaghetti • parmesaank­aas vir oorstrooi GAAN SÓ TE WERK 1. Voorverhit die oond tot 180 °C. 2. Frikkadell­e: Meng die hoender, ui, eier,

pietersiel­ie en semels. Geur. 3. Rol in klein balletjies en pak op waspapier. Bedek en verkoel 15-30 minute in die yskas om styf te word. 4. Verhit die olie in ’n pan, doop elke vleisballe­tjie in meel en skud die oortollige meel af. Braai sowat 4 minute vlak aan elke kant. 5. Dreineer die frikkadell­etjies op kombuis

papier en bak nog 5 minute in die oond. 6. Tamatiesou­s: Braai die ui in olyfolie tot goudbruin. Voeg die tamaties by, asook die suiker en basilie. Druk die tamatie met ’n vurk pap en laat 15 minute prut. 7. Vir voorsit: Skep die sous en frikkadell­e oor die gaar spaghetti en rasper ’n bietjie parmesaank­aas bo- oor.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa