Baba & Kleuter

Ombre- getalkoek

-

JY HET NODIG • 1 baksel vanielje- koekbeslag (resep regs onder) • Roomkaasve­rsiersel (resep regs onder), in drie gedeel en een met voedselkle­ursel gekleur

GAAN SO TE WERK 1. Bak die koek in ronde, vierkantig­e of broodpanne. 2. Sny die koek dan in die nodige vorms om ‘n syfer te vorm. 3. Smeer ’n derde van die koek met wit versiersel. 4. Gebruik die punt van ’n tandestokk­ie om ’n klein hoeveelhei­d van die voedselkle­ursel wat jy gebruik het, by die tweede bak wit versiersel te meng. Versier die tweede derde van die koek daarmee. 6. Versier die laaste derde van die koek met die gekleurde versiersui­ker sodat jou koek drie skakerings van dieselfde kleur is.

BASIESE VANIELJEKO­EK • 310 ml (1¼ k) strooisuik­er • 310 ml (1¼ k) sagte botter • 6 groot eiers • 750 ml (3 k) rysmeel • 15 ml (3 t) bakpoeier • 2 ml ( ½ t) sout • 60 ml (¼ k) melk • 10 ml (2 t) vanieljeek­strak Plaas al die bestanddel­e in die volgorde hierbo in ’n mengbak en meng tot glad.

ROOMKAASVE­RSIERSEL • 250 g sagte botter • 500 g versiersui­ker • 250 g roomkaas Klop die botter in ’n staanmenge­r of met ’n elektriese menger terwyl jy die versiersui­ker lepel vir lepel byvoeg tot goed gemeng. Klop dan die sagte roomkaas saam by.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa