Baba & Kleuter

Terug werk toe

Jou baba is gebore en jou kraamverlo­f snel verby. Voor jy jou oë uitvee, is dit D- dag en moet jy terug kantoor toe ...

- DEUR DANIELLA DE WITT

Jy is al gewoond daaraan om doodmoeg te voel en jou splinternu­we baba soos ’n boek te lees, maar nou het die tyd gekom om terug werk toe te gaan en jy bars nou nie juis van opgewonden­heid by die vooruitsig nie. Gaan jy en jou baba oukei wees?

Die meeste gesinne maak ’n aanpassing­sfase deur wanneer ma terugkeer werk toe, sê Erica Neser, ouerskapsg­hoeroe en skrywer van verskeie boeke.

“Soms is dit moeiliker vir jou as vir jou baba. As baba tuis by ’n versorger bly, sal sy slaappatro­on moontlik minder beïnvloed word, want dis darem nog ’n bekende omgewing met iemand wat hy hopelik voor die tyd al leer ken het.”

Baie ma’s gaan terug werk toe wanneer hul baba sowat vier maande oud is. Dis ongelukkig ook presies wanneer babas se

slaappatro­on effens onstuimig word, waarsku Erica.

“Hulle word dikwels meer dikwels in die nag wakker, wil meer gereeld voed en is meer klouerig en huilerig as voorheen. As ma dan boonop bedags kantoor toe verdwyn, kan dit alles erger maak.”

As jy borsvoed, kan dit gebeur dat jou baba bedags min uit die bottel wil drink en snags aan die bors wil inhaal. Dis uitputtend, maar byt vas, want dit duur nie vir altyd nie.

Nagvoeding­s help ook om jou melkproduk­sie te bevorder en sorg dat jy en jou baba ’n bietjie ekstra tyd vir vel-tot-vel-aanraking en drukkies het, sê Erica.

Daar is ook ’n moontlikhe­id dat jou kind se dagslaappa­troon verander wanneer jy terugkeer werk toe, sê sy.

“Baie ma’s probeer hard om hul kind voor die tyd in ’n roetine te kry wat soos die kleutersko­ol s’n verloop. Soms werk dit, soms nie.

“As dit nie werk nie, ontspan en herinner jou daaraan dat jou baba wel sal aanpas. Dit help om te aanvaar dat die eerste paar weke ’n bietjie taai gaan wees. Dit sal mettertyd makliker word.”

KIES DIE REGTE VERSORGER

• Wie gaan na jou baba omsien? Wees 100 persent seker voor jy ’n besluit maak. As jy ’n kleutersko­ol of dagsorgple­k kies, gesels met mense wie se kinders daar is. Is die plek geregistre­er? • Gesels met jou versorger oor watter tyd jy haar kan kontak en in watter omstandigh­ede jy by die werk gekontak kan word. Maak seker die versorger het nog iemand se nommer in geval van nood. Moenie elke uur bel nie! • As jy bekommerd is oor jou kind se voeding, doekruilin­gs en

slaaptye, kan jy die versorger vra om ’n rekord daarvan te hou. • Erica sê dit help as ’n mens vir die versorger of kleutersko­ol vertel watter tye en hoe lank jou baba gewoonlik slaap, en hoe jy hom normaalweg help om aan die slaap te raak. Moet egter nie omgekrap voel as hulle dinge anders doen nie. Die skool se roetine gaan jou baba se roetine beïnvloed en dis nie noodwendig ’n slegte ding nie. • As jou kind tuis bly, kan jy wel vra dat die versorger by die bestaande roetine hou. Dis egter in die haak as sy jou kind op ’n ander manier as jy aan die slaap maak, sê Erica.

“Babas ontwikkel meestal verskillen­de assosiasie­s met verskillen­de plekke en mense. Hy kan byvoorbeel­d leer dat hy by die skool op ’n matras aan die slaap raak, maar by die huis raak hy teen mamma se bors aan die slaap.”

WENKE VIR WERKSDINGE

• Wees georganise­erd. Kyk of jy voor jy begin al jou e-posse kan deurgaan en gesels met kollegas oor enige veranderin­ge aan jul werkomgewi­ng, skedule of kantoorsak­e. • Gesels met jou werkgewer oor ’n plek waar jy kan uitmelk. Soek ’n skoon, rustige omgewing en stel ’n skedule op. • Kyk of jy die eerste week dalk ’n uur later kan begin of fleksietyd kan werk sodat jy stelselmat­ig by jou nuwe lewe kan aanpas. Moenie op ’n Maandag begin nie – dan kan die week baie lank voel! • Pak jou handsak en jou baba se sak die

aand voor die tyd. • As jy altyd laataand by die werk gebly het, maar dit nou nie meer kan doen nie, moet jy dit op jou eerste dag terug duidelik maak. • Vra hulp as jy voel dat jy balle by die

werk laat val. • Hou sake profession­eel. Moenie van kollegas verwag om heeldag na babastorie­s te luister nie. Maak seker dat jy al jou take verrig en nie van hulle verwag om in te spring as jy vroeg huis toe wil gaan nie.

PRAKTIESE WENKE

• Dit gaan nie maklik wees om jou baba die eerste dag af te laai nie. Wees voorbereid op al die emosies en sorg dat jy genoeg snesies byderhand het. • Hou ’n foto op jou lessenaar om die

afskeid makliker te maak. • Skuldgevoe­lens is normaal. Die meeste werkende ma’s voel skuldig, maar nie almal van ons kan tuisblyma’s wees nie. Al wat jy kan doen, is om jul tye saam regtig kosbaar te maak en die meeste daaruit te haal. • Stel ’n plan B op. Versorgers word siek en die lewe loop draaie – wat gaan jy doen as jou baba siek is? • Stel ’n roetine vas. Babas floreer met ’n

vaste roetine en kry gou ’n nuwe een

wanneer jy teruggaan werk toe. • Praat met jou maat oor wie wanneer in die nag opstaan sodat jy ook genoeg slaap kan kry. • Sit eie tyd opsy en versorg jouself. • Stel iemand aan om jou met huistakies

te help. • As jy oor naweke skoonmaak, skuif jou baba van vertrek tot vertrek sodat julle steeds interaksie kan hê. • Kook oor naweke en vries. As baba eers kan eet, kook en vries kos in ysbakkies wat kan toemaak. • Hou maaltye eenvoudig. Maak sommer

kos in ’n prutpot; dit spaar tyd in die aand. • Doen inkopies aanlyn. • Hang klere so op dat dit nie gestryk hoef

te word nie.

 ??  ?? ALETTÉ-JOHANNI WINCKLER, VOORKOMSKO­NSULTANT EN STILIS
ALETTÉ-JOHANNI WINCKLER, VOORKOMSKO­NSULTANT EN STILIS
 ??  ?? ANRIKE VAN DER WALT, FIKSHEIDSM­ODEL EN BOOTCAMP- AFRIGTER
ANRIKE VAN DER WALT, FIKSHEIDSM­ODEL EN BOOTCAMP- AFRIGTER
 ??  ?? ERICA NESER, OUERSKAPSG­HOEROE EN SKRYWER
ERICA NESER, OUERSKAPSG­HOEROE EN SKRYWER
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa