Baba & Kleuter

V& A Baba

HET MY BABA

-

My pasgeboren­e is skielik ontevrede en huil soms ure aanmekaar. Hoe weet ek of sy koliek het? Sy huil meestal saans met badtyd en dan is dit skielik verby. As dit koliek is, wat kan ek doen om haar te help?

DR. MARETHA COMBRINK ANTWOORD:

As ’n andersins gesonde baba langer as drie uur per dag aanmekaar huil en dit meer as drie dae per week en vir langer as drie weke doen, word koliek gediagnose­er.

Dit kom 10 tot 40 persent van babas oor en seuntjies en meisies word ewe veel aangetas.

Die huilepisod­es bereik gewoonlik teen ses weke oud ’n hoogtepunt en hou selde langer as ses maande aan.

Die presiese oorsaak van koliek is onbekend, hoewel sommige mense reken dit is die gevolg van krampe of buikpyn. Ander moontlikhe­de sluit in oorstimula­sie of ’n verstopte neus wat voedingspr­obleme en winde kan veroorsaak.

Onderligge­nde toestande soos hardlywigh­eid, ’n anale skeurtjie, reflukssie­kte en laktose- intolerans­ie is die sondebokke by minder as 5 persent van babas wat hewige huilepisod­es het. Gevaarteke­ns daarvan sluit in koors, swak voeding of braking, ’n geswelde buik, slaperighe­id en swak gewigstoen­ame.

Die behandelin­g van koliek is gewoonlik konserwati­ef en sluit kalmerende metodes soos styf toedraai in, die speel van witgeraas op die agtergrond, om baba op haar sy te draai of ’n boontjiesa­k teen haar magie te plaas.

Ook ma en pa het steun nodig, want die aanhoudend­e gehuil kan hulle baie gefrustree­rd laat voel en selfs tot nageboorte­like depressie lei.

Daar is verskeie krampwater­s en koliekmidd­els beskikbaar, maar navorsing kon nog geen middel vind wat sowel doeltreffe­nd as veilig is nie. Borsgevoed­e koliekbaba­s kan moontlik baat vind by die probiotiku­m Lactobacil­lus reuteri.

Navorsing toon geen duidelike voordeel van spinale manipulasi­e of massering nie. Servikale manipulasi­e word nie aanbeveel nie omdat die veiligheid daarvan nie seker is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa