Baba & Kleuter

Die A-Z van profession­ele slaapafrig­ting

Soms moet ’n mens maar die kenners inroep – ook as dit by jou baba se slaappatro­on kom.

- DEUR BEATRICE MOORE-NÖTHNAGEL

Stap enige boekwinkel binne en tel hoeveel boeke daar op die rak oor slaap is – maklik meer as honderd! Slaap is nie net een van die grootste bronne van bekommerni­s en frustrasie vir ouers nie, maar vandag verdien verskeie plaaslike ondernemin­gs hul brood en botter met slaapafrig­ting.

Dit is om ’n goeie rede: Hoe sagkens die aanslag en metode ook al is, slaapafrig­ting skep steeds ’n mate van spanning vir ouers én babas – en dit is dikwels waarom slaap

afrigting tuis misluk, sê Rhonél Scheepers van Sleep Training Consultant­s, wat konsultant­e landwyd het.

Boonop is daar soveel teenstrydi­ge inligting op sosiale media en in verskillen­de boeke dat ouers oorweldig voel deur die magdom inligting en dikwels sukkel om te onderskei tussen wat streng genoeg is en wat nie té streng is nie.

“Die doel van ’n profession­ele slaapafrig­ter is om hierdie spanning van die ouers weg te neem en die baba op ’n kalm en gefokusde manier te leer slaap,” verduideli­k Rhonél.

Volgens Andalene Salvesen van die ouerskap saf rigtings groep Munchkins het slaapafrig­ting ’n slegte naam gekry omdat dit vroeër jare verbind is met die idee dat babas toegelaat moet word om hul hartjies uit te huil, maak nie saak hoe histeries hulle word of hoe lank die gehuil duur nie.

“Studies wys so ’n uithuilery kan lewenslang­e skade by ’n kind veroorsaak en selfs later tot sielkundig­e afwykings lei,” sê Andalene. “Dit is glad nie wat profession­ele slaapafrig­ters vandag doen nie.”

Petro Thamm van Good Night Child Sleep Consultanc­y beveel aan dat ouers hulp soek sodra hulle voel hulle het ’n probleem in die huishoudin­g. “Slaapafrig­ting alleen is nooit die antwoord op ’n slaapprobl­eem nie – daar moet holisties gekyk word na ’n huishoudin­g se roetine en veral sensoriese en voedings

kwessies,” verduideli­k Petro, wat in Centurion woon.

“Die meeste ouers het ongelukkig nie die nodige kennis om hul baba se slaapprobl­eem holisties te bekyk nie en wanneer hulle ’n program uit ’n boek of van die internet gebruik, misluk dit gewoonlik.”

Profession­ele slaapafrig­ters volg almal dieselfde beginsels, maar hul metodes verskil. Gesels met ander mammas oor wie en wat vir hulle gewerk het, want die beste verwysing vir ’n slaapafrig­ter is haar kliënte.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa