Baba & Kleuter

Prettige piekniek

Skep ’n tradisie en hou dié somer saam met jou gesin piekniek. Dis nie net hope pret nie, maar verseker ook dat jy gehaltetyd saam met jou kleingoed deurbring.

- DEUR LIBBIE JOUBERT

Een van die grootste bederwe van die somer is dat jy en jou gesin die etenstafel kan verruil vir ’n piekniekko­mbers onder ’n skaduboom of selfs die sterre.

’n Piekniek hoef nie spoggerig of duur te wees nie – die betowering lê juis in die eenvoud daarvan – en dis min werk!

Ná net ’n paar piekniekse­ssies sal jy die wenresep vir ’n perfekte piekniek deeglik onder die knie hê en behoort dit ’n somertradi­sie in jul huis te word.

WAAR?

Julle kan op amper enige plek gaan piekniek hou. Die belangriks­te is dat daar genoeg ruimte moet wees waar jou kinders kan rondhardlo­op en speel, soos ’n groot grasperk. Moenie te ver gaan soek nie – ’n park naby jul huis is ideaal. Hier is idees: • Die strand • ’n Veilige park naby die huis • ’n Botaniese tuin • ’n Spesiale gerief soos die dieretuin of ’n

dierpark

PAK SO IN

Laat die kinders met die voorbereid­ing help. Hulle kan die glase, borde of piekniekma­ndjie uithaal, die vogdoekies inpak of lappies natmaak. (Maak net later seker dat alles inderdaad gedoen is.) Moenie te veel goed pak nie – alles moet gedra word! • Drinkgoed • Bekers of bottels, papier- of plastiekbo­rde • Jammerlapp­ie of vogdoekies • ’n Plastieksa­k waarin al die skottelgoe­d

agterna gepak kan word • Een groot kombers, verkieslik met seilstof

aan die onderkant • Sonsambree­l of -dak • Sonskerm • Hoede • Jou selfoon om foto’s te neem • Speelgoed soos ’n bal, Swingball-stel, fris

bee, strandtenn­isstel of vlieër • Ekstra klere en onderklere vir die kinders • ’n Rugsak of twee vir die ekstra klere en

speelgoed • ’n Koelsak vir die kos en koeldrank • ’n Noodhulpta­ssie vir die motor met pleis

ters en ontsmettin­gsalf • Insekweerd­er

DIE KOSMANDJIE

Die geheim: lekker, maar eenvoudig. Hou eerder by vingerkos. As jy daarvoor kans sien, kan die kinders help met die spyskaart – maar gryp in as dit te eksoties en te veel moeite word. Berei al die kos tuis, dit maak dit baie makliker. Pak die kos in bakkies wat dig sluit. Jy kan ook vir elke kind sy eie piekniekko­sblik pak. Pak sommer ’n verrassink­ie ook in soos ’n briefie of klein speeldinge­tjie. HIER IS ’N PAAR IDEES • Toebroodji­es. Vul dit met ham en kaas, biltong of hoender en mayonnaise (neem tamatie en slaai los saam, anders word die broodjies saf) • Stukkies wortel, komkommer en kersie

tamaties met ’n doopsousie • Gekookte eiers • Stukkies biltong en droëwors • Kaasblokki­es of kaasskyfie­s • Worsbroodj­ies • Klein frikkadell­etjies • Koue hoenderbou­djies • Koue tuisgemaak­te pizza • Broodrolle­tjies met lekker vulsels • Vrugteblok­kies • Koekies vir nagereg

AS JULLE DAAR IS

Ontdek die omgewing saam met jou kleinspan. Soek saam na blomme, goggas en blare. SPELETJIE- IDEES

WATERPRET Skiet mekaar met waterpisto­le. Almal sal nat word, maar dis deel van die pret! BLAAS SEEPBELLE Laat jou kinders dit vang. Maak jul eie: Meng 500 ml water met 125 ml skottelgoe­dseep en 175 ml gliserien. RUSTYD Werk ’n bietjie rustyd in. Julle kan op die piekniekko­mbers boekies lees. SPELETJIES UIT TOEKA SE TYD Speel speletjies soos vroteier, aan-aan en hamerspyke­r.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa