Baba & Kleuter

Geheime sintuie

Kinders verken nie hul wêreld deur net te sien, voel, ruik, hoor of proe nie: ‘bewegingsi­ntuie’ is net so belangrik vir gesonde ontwikkeli­ng.

- DEUR SHANDA LUYT

Jou liggaam is voortduren­d besig om inligting te verwerk oor waar jy in verhouding tot ander dinge is, waar jou liggaamsde­le ten opsigte van mekaar is, of jou spiere en gewrigte gespanne, ontspanne, gestrek of gebuig is, en wat jy volgende gaan doen – alles sonder dat jy twee keer daaroor dink. Jou kleuter se lyfie werk net so, behalwe dat hy sy bewegingsi­ntuie nog moet verfyn en ontwikkel.

Die ervaring van beweging is ’n sintuig – jy kan immers “voel” jy beweeg al is jou oë toe. Daar is twee groot bewegingsi­ntuie wat jou kleinding se beweging bepaal: die vestibulêr­e stelsel en propriosep­tiewe stelsel. Wat beteken hierdie groot woorde en wat moet jy as ouer daaroor weet?

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa