Baba & Kleuter

Resep vir sukses

Dis eintlik baie maklik om ’n suksesvoll­e kind groot te maak, sê kenners.

- DEUR CAMILLA RANKIN

Daar bestaan nie ’n eenvoudige, konkrete definisie van sukses nie. Ons ontwikkel elkeen ons eie, baie persoonlik­e definisie gegrond op die waardes wat ons nastreef.

“Die meeste mense het hul eie idee van sukses en dit hang af van hul individuel­e waardestel­sel. Vir party mense gaan dit oor materialis­tiese sukses, soos om ’n sekere bedrag in hul bankrekeni­ng te hê, ’n spesifieke salaris te verdien of om ’n besondere motor te koop,” sê die Johannesbu­rgse sielkundig­e Emma-Kate McCormack.

“Vir ander is sukses geestelik en wil hulle voel dat hulle ’n regverdige of goeie lewe lei. Ander mense weer meet sukses aan hul verhouding­s en hul vermoë om betekenisv­ol met die spesiale mense in hul lewe te kommunikee­r en te bind.”

Dit lyk of die geheim daarvan om ’n suksesvoll­e kind groot te maak, daarin lê dat jy jou kind help om haar eie definisie van sukses te ontwikkel en dan na te streef. Maar hoe doen ons dit?

DIE WETENSKAP VAN GELUK

Die Britse ekonoom Richard Layard, skrywer van Happiness: Lessons from a New Science, sê geluk is gelyk aan sukses, maar sukses is nie altyd gelyk aan geluk nie. As ons dus doen wat ons gelukkig maak, sal ons sukses daarin behaal.

As jy jou passie volg, sal jy daardie geskenk vind wat jou laat lewendig voel. Suksesvoll­e ouerskap beteken dus dat jy ’n gelukkige, gesonde kind groot maak wat die wêreld ’n beter plek maak deur net haarself te wees en haar eie unieke geskenke by te dra.

Navorsing oor geluk wys dat sukses nou verbind is met: • Liefde vir dit wat jy doen, wat jou in ’n positiewe rigting dryf en wat sorg dat jy vroeg al baie weet van die saak wat jou passie is; • Begrip vir ander mense en die vermoë om met hulle oor die weg te kom, of hierdie verhouding­s nou met ons baas, werknemers, portuurgro­ep of kliënte is; • Emosionele intelligen­sie, wat ons toelaat

om ons self produktief te bestuur; en • Die vermoë om probleme op te los en

kreatief te dink.

JOU KIND IS UNIEK

As jy jou eie passie en talente volg, sal jy suksesvol wees. In ouerskapst­aal beteken dit dat jy weet wie jou kind is, haar wys dat sy unieke sterkpunte het wat niemand anders in die wêreld het nie, en dat jy nie jou hoop en drome aan haar opdwing nie.

Ons ouers moet ons perspektie­f verander: Pleks daarvan om ons kind as ’n leë bord te sien waarop ons ons eie waardes, hoop en drome pak, moet ons ouerskap as ’n ontdekking­sreis beskou waarin ons agterkom wie ons kinders werklik is en waarin ons hulle help om hulleself te leer ken sodat hulle hul eie vaardighed­e, talente en begrip van sukses kan ontwikkel.

GROOTGEMAA­K VIR SUKSES

Dit is ’n “geskenk-gesentreer­de” ouerskapsf­ilosofie eerder as ’n “gebrek-geörieteer­de” een, sê die Amerikaner­s Michael Gurian en Dakota Hoyt, skrywers van die topverkope­r Nurture the Nature: Understand­ing and Supporting Your Child’s Unique Core Personalit­y.

Jy waarsku jou kind dus nie dat as sy nie dit of dat is of doen nie, sy nie gaan slaag nie. Jy vra jou eerder af hoe jy jou kind se persoonlik­heid die beste kan koester sodat sy eendag sukses sal behaal.

Die beste manier om jou kind te leer ken is om tyd met haar deur te bring – baie, baie tyd.

“Praat ook met jou kind en laat haar speel,” sê Emma-Kate. “Die Amerikaans­e sosioloog Annette Lareau het in haar navorsing gevind dat kinders uit huise waar hul ouers met hul gepraat en dinge bespreek het, die vermoë ontwikkel het om te onderhande­l en dus dinge reg te kry. Hulle is aangemoedi­g om vrae te vra en voel gemaklik oor interaksie met volwassene­s en kundiges. Kinders uit huise waar die ouers net opdragte gegee het, is weer geneig om skaam te wees en vind dit moeilik om behoorlik met mense te praat wat hulle as hul meerdere beskou.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa