Baba & Kleuter

HOU NET AAN

-

Deur te kyk na die paartjies wat my vriende is, het ek besef dat ’n mens nooit soveel liefde sal ervaar soos dié van jou eie babatjie nie, en dit wou ek bitter graag hê. Ek het altyd gesê: As ek nie ’n man het teen die tyd dat ek 28 is nie, gaan ek ’n babatjie aanneem. Ek glo dat daar miljoene kindertjie­s in die wêreld is wat die liefde van ’n mamma verdien, en nie om weggegooi of verwerp te word nie.

Teen die ouderdom van 27 het die Here my met ’n wonderlike man geseën. Drie maande later is ons getroud en 10 maande later is my eerste wonderwerk­ie gebore. Ek is nou in die derde trimester van my tweede swangerska­p en besef elke dag wat ’n wonderwerk dit is om ’n lewe te dra. Ek glo dat die Here vir elkeen wat in Hom glo, sal gee wat sy hart begeer. As dit jou begeerte is om die lewe te skenk en jy jou baba aan die Here opdra, sal jy kry wat jou hart begeer, in God se tyd. Hou net moed en glo. CHANTEL DU PLESSIS, NAMIBIË

 ??  ?? (19 maande) du Plessis Chantel, Nicol en Chenique op pad. – en daar is nog ’n kleinding
(19 maande) du Plessis Chantel, Nicol en Chenique op pad. – en daar is nog ’n kleinding

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa