Baba & Kleuter

ONS FACEBOOKMA’S VERTEL ...

WAT LAAT JOU HART SMELT?

-

MARICE AYLWARD VAN RAYTON

Wanneer ons driejarige seuntjie Nathan my kom druk en sê: “Loveyou, mamma.”

TANIA BISSCHOFF VAN SECUNDA

Wanneer my dogtertjie, Zanike (4 maande), uit haar pensie lag en dan vir haar eie laggie skrik.

LISA RUDMAN VAN CENTURION

As my dogtertjie, Luca (6 maande), in die nag wakker word en groot glimlag as sy my sien. Dan wil ek haar nie weer neersit nie.

HEIDI KOTZE VAN KAAPSTAD

Wanneer my seuntjie, Shawn (3), vir my uit die bloute sê: "Mamma, ek wil vir jou bid", of Annike, my dogtertjie van agt, sê: "Mamma, jy is die beste."

JEANETTE JONKER VAN BLOEMFONTE­IN

Wanneer my babatjie, Charl (5 maande), sy handjies op my wange sit en diep in my oë kyk, en ek sy boodskap aanvoel: "Ek weet jy’s my mamma en ek is lief vir jou."

TANYA MYBURGH VAN VRYHEID, KWAZULU- NATAL

Ons boer en boeta, Gideon (3), is ’n boerseun in murg en been. Wanneer hy my roep, sal dit so klink: "Mamma- bees, jou bultalfie soet jou (“bulkalfie soek jou”, maar hy sukkel nog ’n bietjie met die k- klank). Ek kan hom opvreet en ek sal enige dag sy mamma- bees wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa