Baba & Kleuter

BORSMELK BO

-

Toe my oudste 12 jaar gelede gebore is, het ek net twee weke lank geborsvoed. Seer, onkundig en moeg het ek die strydbyl neergelê en die formulebli­k nader getrek. Nou, baie jare later, borsvoed ek my tweede seuntjie al 10 maande lank. Bors is die beste! Aan die ma’s wat kan: Hou uit! Woon ’n paar fisiosessi­es by en druk deur die aanvanklik­e seer. Dis regtig die moeite werd. Ek werk heeltyds en met my Lansinoh- dubbelelek­triese pomp melk ek drie keer bedags in ’n japtrap uit. Aanvaar dit van ’n ma wat misluk, opgestaan en weer probeer het! LIEZEL FREEMAN, KAAPSTAD, WES- KAAP

 ??  ?? Matthew John Freeman (10 maande) floreer van al die borsmelk wat hy by sy ma kry.
Matthew John Freeman (10 maande) floreer van al die borsmelk wat hy by sy ma kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa