Baba & Kleuter

REGSOM VAN LINKS BO:

-

• Nie jou gewone makrolletj­ies en kolwyntjie­s nie. Dit het kaktuskuns op en is nes die koek deur Mmm Macarons gebak.

• Louise se ma, Leonie Vorster, het kaktusvorm­s uit karton gesny en geverf om die Rice Krispies- koekies mee op te tof.

• Die soetgoedta­fel was propvol lekkernye en die kaktus-agtergrond wat Louise spesiaal vir die geleenthei­d gekoop het, het die tafel ’n fokuspunt gemaak. Oliebolle op stokke geryg, kolwyntjie­s, suigstokki­es, makrolletj­ies en Rice Krispies- koekies het alles met vetplant-versiering­s gespog.

• Louise het lank voor die partytjie al op die fiësta-tema besluit. Dit het haar meer as genoeg tyd gegee om winskopies soos dié hoede raak te loop. Dit is by Flowerspot gekoop. LINKS ONDER: Louise het Thomas se oulike eenstukpak­kie – wat so mooi by die tema gepas het – aanlyn bywish.com gekoop. REGS ONDER: Elke gas het ’n ratel gekry, wat nie net by die tema gepas het nie maar ook vir groot pret gesorg het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa