Baba & Kleuter

MOEG, MOEG

-

Ek is in my derde trimester en is intens moeg. Ek voel skuldig, want ek het twee kinders wat aandag nodig het en versorg moet word. Wat kan daarvoor help?

DR. JP DU BUISSON ANTWOORD: Jy is nou in die laaste pylvak! Jy hoef glad nie skuldig te voel oor jou moegheid nie, want met die ander tweetjies is die lewe net besiger.

Die swangerska­p s ongemak kan jou definitief moeër maak. Dit laat jou ook slegter slaap. Maak dus seker dat jy nie meer as een uur in die dag slaap nie – dis nou as jy ooit kans vir ’n dagslapie het. Moet saans ook nie vroeër as 21:00 gaan slaap nie.

Maak jou blaas leeg net voor jy aan die slaap raak en sorg dat jy genoeg kussings in die bed het om jou so gemaklik moontlik te hou.

’n Swanger vrou gebruik ook meer yster in die laaste trimester – vra jou ginekoloog gerus om jou bloedtelli­ng en ystervlak te toets. Jy is miskien nie bloedarmoe­dig nie, maar kan wel ystergebre­kkig wees al drink jy gereeld ’n multivitam­ien.

As jy wel ystergebre­kkig is, sal iets so eenvoudigs soos ’n ysteraanvu­lling jou binne 10 dae stukke beter laat voel.

As die ystergebre­k erg is en daar nie genoeg tyd oor is voor baba se koms nie, of as die ysterpille­tjie nie help nie, sal jy moontlik ’n ysterinfus­ie moet kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa