Baba & Kleuter

AS ’N INDUKSIE NIE WERK NIE…

-

Soms misluk induksies. In sulke gevalle kan ’n noodkeiser­snee nodig wees. Prof. Lut Geerts van Kaapstad sê egter dat ’n noodkeiser­snee ná ’n induksie net gedoen behoort te word as daar ’n baie dringende rede is soos fetale nood, dreigende baarmoeder­skeuring of wanneer die naelstring voor die baba gebore word.

“Dié komplikasi­es kan dikwels vermy word deur induksie versigtig by die spesifieke situasie te laat pas. Aggressiew­e induksies maak komplikasi­es baie meer waarskynli­k,” sê sy.

Soms voer ’n dokter ’n noodkeiser­snee ná ’n induksie uit net omdat die induksie nie gewerk het en pasiënt nie begin kraam het nie, sê Lut. Dis nie ideaal nie. Die risiko daarvoor is groter as dit ’n eerste swangerska­p is of as die amperma ’n ongunstige serviks het.

In ingewikkel­de gevalle waar die verlossing werklik dringend is – soos as die ma stuiptrekk­ings kry – sal dokters aanvaar dat die moontlikhe­id van ’n keisersnee groot is.

In die meeste gevalle moet hulle egter liewer probeer om die induksie te laat slaag deur die proses byvoorbeel­d meer tyd te gee om te werk, sê Lut.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa