Baba & Kleuter

VOEL GOED EN LYK GOED

-

ANRIKE VAN DER WALT is ’n fiksheidsm­odel, bootcampaf­rigter en ma van twee dogtertjie­s. Sy sê gereelde oefening en ’n goeie eetplan is die geheim om swangerska­psgewig af te skud, maar dis nie altyd maklik nie.

Eet gereeld in die dag (elke twee tot drie uur) sodat jy jou metabolism­e aan die gang, jou bloedsuike­rvlak stabiel en jou lus vir suiker en ongesonde kos in bedwang hou.

Anrike stel voor jy berei die komende week se geregte oor die naweek voor sodat jy elke dag ’n gesonde kosblik kan inpak. Moenie ontbyt oorslaan nie en drink elke dag sowat twee liter water. Begin elke oggend met ’n glas water met vars uitgedrukt­e suurlemoen.

“Al die spanning van die werk, slapelose nagte en die nuwe ma-verantwoor­delikhede kan jou oorweldig laat voel. Sien goed na jou ook om. As jy goed en gesond voel, kan jy beter na jou kinders omsien. Probeer om minstens 20 minute drie keer per week te oefen – daar is talle oefeninge wat jy in die gerief van jou eie huis kan doen. Laai ’n toep af om jou met jou program te help.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa