Baba & Kleuter

KIKKER JOU VOORKOMS OP

-

ALETTÉ- JOHANNI WINCKLER, ’n Kaapse voorkomsko­nsultant, stilis en ma van drie seuntjies, sê ’n baba is sekerlik die grootste geskenk, maar daar is altyd ’n prys om te betaal.

“Nadat ek onderskeid­elik 30 kg, 20 kg en 25 kg met my manne aangesit het, het ek agt maande ná die geboortes steeds swanger gelyk. Omdat ek ’n voorkomsko­nsultant is, was daar groot druk op my om vinnig weer goed te lyk.”

HIER IS HAAR WENKE

• Bykomstigh­ede kan ’n uitrusting opkikker. Jy kan swart aantrek en bykomstigh­ede kan die prentjie verander. Koop oorbelle wat die aandag na jou gesig en weg van jou maag trek. Teen die tyd dat baba daarmee gaan begin speel, is jou lyf weer normaal. • Sorg dat jou grimering en hare met sorg gedoen is. Hoe ’n mens aan die buitekant lyk, het ’n regstreeks­e invloed op hoe jy aan die binnekant voel. As jy dus moeite met jou hare en grimering doen, gaan jy klaar beter voel. • Moenie klere dra wat elke rolletjie wys nie. Dra sagte, vloeiende materiale wat los oor jou lyf val, maar steeds vorm wys. • “Ek wou nie groter klere koop nie, maar het op die ou end een mooi werkbroek en ’n paar bloesies gekoop wat ek afgewissel het. Moenie noodwendig jou swangerska­p s klere d raas dit nie meer nodig is nie,” is Aletté-Johanni se raad. • Trek hakskoene aan wanneer jy terugkeer werk toe, al is dit wighakke. Dit sal jou langer en slanker laat lyk en meer in beheer laat voel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa