Baba & Kleuter

WEEK 1 HOU JOU BABA DOP

-

BABAGEELSU­G Pasgeboren­e- geelsug begin op die tweede of derde dag ná geboorte en is normaal, veral by vroeggebor­e babas. As jou dokter bekommerd oord i eb i l i ru bie n telling is, sal fototerape­utiese ligte dalk nodig wees. Borsmelkge­elsug is ’n skadelose, talmende geelheid wat teen 12 weke verdwyn. Patologies­e geelsug begin soms vroeër en soms later en dui gewoonlik op ’n lewerprobl­eem, maar dit kom gelukkig baie selde voor.

BABA IS BAIE SLAP ’n Baba se litte kan buitengewo­on los wees weens geboortetr­auma, vroeë geboorte of ’n toestand soos Downsindro­om. ’n Baba wat heeltyd lomerig is en swakkerig huil, kan dalk te min bloedsuike­r hê, of geelsug of ’n onderligge­nde infeksie. Raadpleeg jou dokter onmiddelli­k as jy sulke gedrag opmerk. BABA SLAAP MEER AS VIER UUR OP ’N SLAG Hoewel jou baba vir die grootste deel van sy eerste week gaan slaap, is dit belangrik dat hy vir sy voedings wakker word – ten minste elke drie uur. Vroeggebor­e babas of babas wat koud kry of geelsug, lae suiker of ’n onderligge­nde infeksie het, kan baie slaperig wees en ’n voeding misloop. As dit gebeur, maak hom wakker om te voed.

BORRELS BY DIE MOND Die stof surfaktant, wat as voering van die longe dien, help jou pasgeboren­e om asem te haal. Oorvoorsie­ning daarvan in die eerste paar dae kan borrels by jou baba se mondjie veroorsaak of hom selfs laat stik. As jy dit in die hospitaal sien, vra die verpleegst­er om sy mondjie uit te suig. Draai hom intussen met sy kop na onder sodat die swaartekra­g help om sy mond te dreineer en sy lugweg oop te maak.

HOË HUILGELUID Elke baba maak ’n tipiese huilgeluid wat mettertyd uniek word. Jy sal jou baba se huil vinnig leer ken en dokters kan mediese probleme diagnoseer deur daarna te luister. As jou baba skril begin huil, veral as hy vroeggebor­e is of in hoësorg was, of as daar geboorte komplikasi­es was, laat jou dokter weet sodat hy of sy kan vasstel of daar ’n mediese probleem is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa