Baba & Kleuter

WEEK 2 HOU JOU BABA DOP

-

HOU SY TEMPERATUU­R STABIEL Hy kan in ’n motor vinnig oorverhit, maar kan weer vinnig hitte verloor in ’n oop bedjie of teen ’n koue muur.

SORG DAT JOU BABA SE LYFIE SIMMETRIES IS Lê hom op sy magie neer en gaan na of al die voue aan albei kante in lyn is. ONDERSKEI TUSSEN MELKVLEKKE EN SPROEI Sproei versprei vinnig na die tandvleis en wange.

NAELSTRING-KWESSIES Neem baba dokter toe as sy naelstring teen die einde van die tweede week nog nie afgeval het nie of as daar sig, ’n onwelrieke­nde afskeiding of ’n rooi ring om die naeltjie is.

GESONDE GESLAGSDEL­E Maak seker dat jou babaseuntj­ie deur die punt van sy penis piepie en dat die voorvel nie ontsteek is of tydens urinering opblaas nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa