Baba & Kleuter

WAT KAN VERKEERDLO­OP?

-

Fontanelle kan te vroeg sluit, en daarom is dit belangrik dat jy weet wanneer dié sagte plekkies behoort te verhard. Die twee grotes bo-op die kop sluit onderskeid­elik teen omtrent agt weke en 18 maande.

Die ander, wat aansienkli­k kleiner is en by die slape en ore van ’n baba voorkom, gaan sowat twee weke ná geboorte al toe.

Een van die komplikasi­es van fontanelle wat te vroeg sluit, is drukking op die brein omdat die groeiende brein dan skielik nie meer genoeg plek het om uit te sit nie.

Wanneer ’n baba se fontanelle verbeen voor sy brein ophou groei het, ly hy aan ’n toestand wat kraniosten­ose genoem word. ’n Baba met kraniosten­ose word soms sonder fontanelle gebore. In sulke gevalle sal daar onmiddelli­k chirurgies ingegryp word.

Die teenoorges­telde kan ook gebeur – die fontanelle sluit te laat. Dit is dikwels ’n aanduiding van ander probleme soos water op die brein, been-afwykings of’ n ontwikkeli­ngsagterst­and.

Al hierdie toestande is seldsaam, maar vra die dokter om jou baba se kop met roetinebes­oeke goed te ondersoek.

MEER OOR KRANIOSTEN­OSE

Kraniosten­ose ontstaan wanneer die fontanelle te vroeg sluit. ’n Baba met fontanelle wat nog oop is, kan dit ook opdoen. Kenners reken sowat een uit elke 2 100 babas ly daaraan.

Genetiese of hormoonfak­tore veroorsaak kraniosten­ose. Soms is die gevolg net ’n vreemde kopvorm, maar komplikasi­es soos swak sig en breinskade is ook moontlik.

VAN DIE SIMPTOME SLUIT IN:

• Geen fontanelle op die pasgeboren­e se skedel nie, • Sigbare en tasbare beenriwwe op die skedelnate, • ’n Vreemde kopvorm, en • Stadige of geen toename in kopomtrek namate die baba groter word. Die behandelin­g behels ’n operasie deur ’n neurochiru­rg om drukking op die brein te verlig, verkieslik binne die eerste ses maande van ’n baba se lewe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa