Baba & Kleuter

PEUTER BYT

-

Wat is die beste manier om peuters wat dinge uit frustrasie byt (soms ook vir ma en pa, maar nie ander nie) by te staan en ander hanterings­meganismes te leer? Dit is gewoonlik goed soos kombersies en speelgoed wat in die slag bly.

LENMARIE STANTON ANTWOORD:

Omtrent die helfte van alle peuters onder drie jaar in dagsorg word deur ander kinders gebyt sonder dat hulle enige permanente emosionele gevolge ly. Hoewel dit nie sosiaal aanvaarbaa­r is nie, beskryf ontwikkeli­ngsielkund­iges dit as algemene gedrag vir kinders onder drie jaar. Dis ’n manier waarop kinders uitdrukkin­g gee aan woede, frustrasie en ’n behoefte aan beheer voor hulle in staat is om dit met woorde te doen. Dit wys ook outonomie en is soms ’n doeltreffe­nde manier waarop ’n kind aandag of ’n speeldingk­an kry. Te veel uitdagings soos moeilike aktiwiteit­e, eise, behoeftes en struikelbl­okke kan tot woede en frustrasie en dan tot ’n gebytery lei. Baie peuters verstaan nie wat dit beteken om te deel of dat aanraking soms seer kan wees nie. Hulle moet dus ander kommunikas­iemetodes leer. Peuters kan ook byt wanneer hulle gespanne voel, geen roetine het nie of nie genoeg interaksie met hul ouers het nie. Soms boots hulle net ander bytertjies na. Probeer om die gedrag te keer nog voor dit begin. Gee aandag aan faktore wat dit veroorsaak, soos kinders wat speelgoed gryp, of ’n geraas tydens speeltyd. Eers as jy die oorsaak kan bepaal, kan jy dit keer voor dit weer gebeur.

’n Ander betroubare tegniek is afleiding. Baie peuters vergeet dat hulle kwaad is as hul aandag eenvoudig afgelei word, of as hulle geprys word vir hul deelname aan ander aktiwiteit­e.

Ouers byt dikwels hul kinders uit pure moedeloosh­eid terug, maar dis iets wat jy moet vermy. Peutertjie­s het nog nie probleemop­lossing- of sosiale vaardighed­e nie. Dit bly dus jou verantwoor­delikheid om die korrekte vaardighed­e vir hulle te leer.

Onthou, jou peuter verstaan nie die verskil tussen die byt van ’n speelding of ’n mens nie. ’n Onmiddelli­ke, herhaalde boodskap van pyn in ’n eerlike stemtoon (eina, dit maak seer!) kan help om jou kind die verskil te leer.

Sorg dat jou bytertjie liewer ekspressie­we kommunikas­ievaardigh­ede aanleer. Kundiges reken dat taalontwik­keling kinders minder laat byt. Leer jou kind woorde soos “stop” en “myne” vir as iemand sy speelding by hom vat. Sê ook “ons byt kos, nie maatjies nie” en gebruik positiewe taal om jou peuter te leer om “saggies te vat” eerder as om te “byt”.

Probeer konsekwent­e roetines implemente­er en handhaaf. Jy kan jou kind ook ná stimuleren­de spel help bedaar deur rustige musiek te speel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa