Baba & Kleuter

SMULKOS VIR 3 STADIUMS

Die sleutel tot ’n veilige en suksesvoll­e vingerkosf­ees is om die regte kos te gee vir die stadium waarin jou baba is. Met hierdie riglyne kan die fees begin!

-

1STE VINGERKOSS­E: 7-8 MAANDE

In hierdie stadium het jou baba ’n palmare greep. Dit beteken dat sy kos met haar handjie kan vat. As jy dink hoe lekker sy jou vinger vashou, dan weet jy wat nou die ideale vorm van kos is: Dit moet min of meer so dik en lank soos jou vinger wees.

Omdat dit die eerste stukke kos is, moet dit ook lekker sag wees. Maak seker dat jy dit maklik tussen twee vingers kan platdruk. Onthou dat geen babakos sout of suiker behoort te bevat nie. •Botterskor­sie vingers Skil, stoom tot

sag en sny in vingers. • Papaja-, mango-, en waatlemoen­vingers Skil en sny in die lengte in

vingers. • Murgpampoe­ntjie Stoom tot gaar en

sny die punte af. • Piesangvin­gers Skil en druk jou vinger van onder af in sodat jy die piesang in drie dunner dele deel. In die volgende stadium kan jy piesang wieletjies gee, wat goed is vir vingertjie­s. • Avokado Skil en sny in die lengte

in repies. • Patatvinge­rs Stoom, skil en sny

in vingers. • Aartappels­kyfies Koop dik, bevrore aartappels­kyfies en bak dit in die oond, of maak jou eie: Kook ’n groot aartappel tot halfgaar, trek die skille af, sny in vingers en bak in die oond. • Stokvisvin­gers Kies bevrore stokvisfil­ette sonder grate. Stoom en breek in repies wat in die handjie sal pas. • Saggekookt­e pasta Kies skroefpast­a

en kook tot sag. • Nektariens­kywe Kies ’n sagte een, skil

en sny in groterige skywe.

2DE VINGERKOSS­E: 9-11 MAANDE

Nou het jou baba al ’n tweepunt-knypgreep, wat beteken dat sy klein goedjies tussen haar duim en wysvinger kan optel. Jy kan nou vingerkoss­e gee wat klein is en fyn motoriese vaardighed­e help ontwikkel. Handjiekos wat ’n titsel fermer is as dié wat jy in die eerste stadium gegee het, is ook ’n goeie idee. • Lemoenskyf­ies Skil diep af en sny wig

gies uit die vliese wat die skyfies skei. • Roereiervi­ngers Klits die eier met ’n vurk, maak gaar sonder om te roer en sny in vingers. • Koeskoes-balletjies Plaas ’n eetlepel koeskoes in ’n bakkie en voeg twee eetlepels kookwater by. Bedek en laat 5 minute staan. Roer ’n teelepel maaskaas by en vorm balletjies. • Botterbone Kies tuisgekook­te bone

sonder sout. • Ertjies of klein gemengde groente

Kies die bevrore soort en stoom gaar. • Babatamati­es Kies die sagte, ronde soort. Sny dit aanvanklik in die helfte en gee dit ’n maand of wat later net so heel. • Broodvinge­rs Kies sagte, lae-GI-heelgraan- of bruinbrood. Smeer met margarien en ’n vulsel soos lewerpuree, grondboont­jiebotter, maaskaas of roereier, vou toe en sny in duimbreedt­e-repies. • Druiwe Kies druiwe met ’n sagte skil. Gee dit aanvanklik in die helfte gesny en ’n maand of twee later heel. • Komkommerv­ingers Sny ’n stuk komkommer so lank soos ’n vinger. Sny die skil af tot ’n lang blokkie met die pitte in oorbly. • Broccoli-boompies Breek broccoli in boompies en kies dié met lang steeltjies waaraan baba kan vashou. Stoom tot sag, maar nie pap nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa