Baba & Kleuter

3DE VINGERKOSS­E: 12 MAANDE EN OUER

-

Nou is jou baba se handjies en vingers al so goed geoefen dat sy kan leer om self met ’n lepel te eet en self uit ’n bekertjie te drink.

Jy kan ook harder kosse begin gee terwyl jy verskillen­de vorms en groottes afwissel. Blokkies, vingers en balletjies help om dieselfde kos interessan­t te hou. • Aarbei Was en sny in halwes, kwarte

of gee sommer net so heel. • Saggekookt­e hoenderrep­ies Kies ’n boudjie, kook tot dit byna van die been afval en gee ’n repie sonder been. • Groenbone Sny die steeltjie af en

stoom heel tot sag. • Babawortel­s Kies die bevrore soort

en stoom of kook tot gaar. • Bruinrys Sy kan die gaar rys met haar vingers of lepel eet. Jy kan dit ook met avokado meng en ’n balletjie maak. • Appel Kies een met ’n sagte skil of skil af en gee net so heel sodat baba klein stukkies kan afknaag. • Mielie op die stronk Sny in stukke

van 3- 4 cm breed en kook tot gaar. • Maaskaas Kies volvetmaas­kaas en bied dit aan op ’n lepel met ’n lekker breë handvatsel. • Botterskor­siesop Maak dit goed dik

en laat sy dit self met ’n lepel eet. • Pekanneute of okkerneute Kies hierdie sagte neute en vermy steeds harde neute soos heel amandels.

 ??  ?? Purity se Mixed Berry- sakkie (110 ml) R8,99, beskikbaar by alle kleinhande­laars en groot apteke.
Purity se Mixed Berry- sakkie (110 ml) R8,99, beskikbaar by alle kleinhande­laars en groot apteke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa