Baba & Kleuter

Wenke wat die liefdesvla­m aanblaas

-

1 BEKLEMTOON INTIMITEIT EERDER AS SEKS

’n Sensuele massering met aromaterap­eutiese olies is ’n goeie beginpunt om intimiteit te skep, sê dr. Wilmé Steenekamp, ’n dokter van Potchefstr­oom wat ook in die veld van seksuologi­e praktiseer.

Om erkenning te gee aan jou maat is ook baie sexy, sê sy. “Gee dus gereeld eerlike verbale erkenning aan hom vir wie hy is – en lewer positiewe kommentaar oor hoeveel hy vir jou beteken.”

Wilmé beklemtoon dat jy jou tyd moet gun om by moederskap aan te pas.

“Aanvaar dat jy nou ’n nuwe rol in die lewe het en dat ’n kopskuif nodig is om te onthou dat jy ook ’n sensuele wese en liefdesmaa­t is.”

2 REËL AFSPRAAKAA­NDE

As so ’n groot deel van jou dag bepaal word deur jou baba se behoeftes, is dit besonder belangrik om ook tyd in jou beplanning in te werk vir seks, sê Leandie.

“Jy dink dalk met nostalgie terug aan die tye toe jy op die ingewing van die oomblik alles kon los en lakenpret kon hê, maar die werklikhei­d is dat julle ná die koms van jul pienkvoet dit waarskynli­k meer doelbewus sal moet beplan.”

Henna de Bruin van Johannesbu­rg, wat heeltyds werk en ook die ma van ’n tweejarige is, sê sy het tydens kraamverlo­f seksafspra­ke met haar man gemaak, maar gewoonlik aan die slaap geraak sodra sy gaan sit het, wat nog te sê lê.

“Noudat Liam ouer is, is seks in die week steeds moeilik. Teen die tyd dat die gesin en die troeteldie­re almal gevoer is, die kombuis soortvan skoon is en ons seun gebad en in die bed is, wil ons net omdop – en nie op mekaar nie!”

Henna sê sy het toe besef dat dit noodsaakli­k is om oor naweke tyd opsy te sit om die romanse lewendig te hou.

“Ons maak nie ’n groot drama daarvan deur byvoorbeel­d uit te gaan nie, want dit word baie duur, maar ons laai my seun vir ’n paar uur by my suster se huis af en maak dan ’n punt daarvan om net weer met mekaar kontak te maak.”

Wilmé stel voor dat ouers een belangrike reël volg tydens alleentyd-afsprake: “Moenie vir langer as 30 minute oor jul baba en gepaardgaa­nde verantwoor­delikhede praat nie. Daarna moet julle gesinsake los en die moeite doen om mekaar weer te leer ken.”

3 TYD VIR ’N VINNIGE ENETJIE

Wie het gesê liefde maak moet ’n marathonpo­ging in ’n dubbelbed diep in die nag behels?

’n Vinnige, stomende liefdesess­ie in die stort, sensuele masserings met aromaterap­eutiese olies en selfs die gebruik van seksspeelg­oed en smeermidde­ls om dinge aan die gang te kry, is alles opsies wanneer jou tyd beperk is.

“Toe ons tweelingdo­gtertjies nog ons kamer gedeel het, het ons skielik ons rusbank herontdek, asook die spaarkamer en die eetkamerta­fel,” bieg ’n jong ma van Pretoria met ’n breë glimlag.

Stacy Nelkin, skrywer van You Can’t Afford to Break Up: How an Empty Wallet and a

Dirty Mind Can Save Your Relationsh­ip, herinner ons dat die hormoonver­anderinge ná die geboorte jou libido beduidend laer kan maak – en dis ook goed so.

“Dít is wanneer jy met jou maat kontak maak deur hom plesier te gee – deur byvoorbeel­d orale seks – en hom só gelukkig te hou,” stel Stacy voor.

“Onthou altyd dat seks nie net na omgang verwys nie, en dat orale seks soms makliker is as penetrasie.”

Wilmé sê ’n mens moet nou maar aanvaar dat jy waarskynli­k vir ander style en plekke van seks voorsienin­g sal moet maak. “Uiteindeli­k kan die koms van die kleinding julle aanpor om te eksperimen­teer en as paartjie seksueel te groei,” sê sy.

4 WERK SAG MET JOUSELF

Die erogene dele van jou lyf kan dalk ’n bietjie anders voel ná die geboorte van jou baba, jy kan dalk ’n paar ekstra kilogramme met jou saamdra ná die swangerska­p en jy kan dalk skaam voel as jou borste melk begin lek tydens seks (ja, dit kan gebeur en dis heeltemal normaal!).

“Praat met jou maat oor hoe jy oor jou lyf voel,” is Wilmé se raad, “en werk daaraan om al die onvermydel­ike veranderin­ge aan jou lyf ná kindergebo­orte te aanvaar en te leer liefkry. Onthou, as jy vol selfvertro­ue is oor jou lyf, is jy sexy!”

5 DINK STOUT EN FLANKEER

“Oefen jou brein seksueel deur erotiese boeke te lees of seksuele gedagtes te koester – veral op daardie dae wanneer jy dink julle dalk liefde kan maak,” sê Leandie.

“Stuur vir mekaar e-posse of teksboodsk­appe gedurende die dag en hou dinge so gewaag as waarmee jy gemaklik voel. Fantasie is ’n uitstekend­e seksuele opkikker.”

6 VIND JUL RITME

’n Gebrek aan slaap is ’n absolute passiedode­r, sê Ann Botha van Kaapstad, ’n ma van ’n aktiewe kleuter. “Wanneer jy so moeg is dat jy skaars jou eie naam kan onthou, is die laaste ding waarvoor jy lus voel om vir iets anders as slaap in die bed te spring. Om die waarheid te sê, vir die eerste paar maande van my seun se lewe was dit al klaar ’n reuse taak net om my tande te borsel en klere aan te trek.” Ann onthou dit was eers toe sy self begin slaap het toe haar baba slaap, dat sy geleidelik haar energie herwin het – en ook haar belangstel­ling in seks.

7 WEES REALISTIES

“Ek en my man is baie bewus daarvan dat, terwyl ons uitstekend­e ouers wil wees, ons ook in ons huwelik moet belê,” vertel Lynn Paulsen van Port Elizabeth, ma van ’n tweejarige.

“Maar dit beteken nie dat ons druk op onsself plaas om seks te hê elke keer as baba slaap of vir ’n paar uur by my ma se huis is nie.”

Wanneer dit vir jou voel asof seks werk geword het, onthou dat liefde nie altyd gaan oor die wonderliks­te orgasme nie, maar eerder oor die nabyheid aan en saamwees met jou en jou maat, sê Wilmé.

Lynn beaam dit: “Een van die belangriks­te lesse van ma wees is dat dit my geleer het om die stil oomblikke wat ek saam met my man het, te waardeer.

“Dit gebeur maar min, want ons dogter het baie onvoorspel­bare slaappatro­ne, maar ek het geleer om die meeste daaruit te haal.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa