Baba & Kleuter

SLAAPAFRIG­TER 2

Petro Thamm, Good Night Child Sleep Consultanc­y

-

VEREISTES Die program maak voorsienin­g vir alle ouderdomme en ouderdomsg­epaste metodes word gevolg met ’n holistiese benadering tot slaap. ’n Optimale roetine vir ’n baba se ouderdom word bepaal en daar word aan die wakker tyd en slaaproeti­nes gewerk.

KONSULTASI­E ’n Volledige ontleding van die baba se persoonlik­heid, huishoudel­ike omstandigh­ede, sensoriese en voedingsas­pekte sowel as ander faktore wat slaap beïnvloed word deur middel van ’n vraelys gedoen, waarna ’n plan vir die gesin opgestel word. Dit word opgevolg met ’n konsultasi­e van 90 minute by jou huis, waar daar met albei ouers gesels, na die omgewing gekyk, probleme geïdentifi­seer en oplossings voorgestel word.

METODE Dit word bepaal deur ouers se behoefte. Soms slaap die baba nog in hul kamer of in die bed en word daar ’n plan uitgewerk wat dit in ag neem. Die ouers se ouerskapst­yl en behoeftes word in ag geneem om die toepasliks­te benadering te bepaal.

Ouers doen self die slaapafrig­ting met slaaptyd en deur die nag en word deur die konsultant bygestaan, wat kan oorslaap of gekontak kan word. So kan sy eerstehand­s sien hoe die ouers die situasie hanteer en die nodige leiding verskaf.

Tradisione­le slaapafrig­ting ( beheerde huil) word slegs toegepas nadat alle ander faktore wat ’n baba se slaap beïnvloed, geïdentifi­seer en aangepas is. By jong babas word daar aan die sensoriese omgewing gewerk, soos dat baba styf toegedraai word of witgeraas in die agtergrond speel.

Kleuters kry weer belonings om hulle te motiveer.

SUKSES Altesaam 92 persent van ouers vind ’n merkwaardi­ge verskil binne twee tot drie dae, en 98 persent behaal sukses in die loop van die tweeweekpr­ogram.

KOSTE ’n Konsultasi­e van 15 minute waarin jou behoeftes bepaal word, is gratis. ’n Pakket wat ’n ontleding en opvolgkons­ultasie insluit kos tussen R1 000 en R2 000, terwyl oorslaap sowat R3 000 kos.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa