Baba & Kleuter

MOTORIESE VAARDIGHED­E

-

Met geboorte is jou baba ’n opgekrulde bondeltjie sonder die vermoë om te werk of teen swaartekra­g te beweeg, terwyl hy net op ingebore reflekse staatmaak om te beweeg. Oor die volgende 18 maande sal hy egter leer om sy lyfie te beheer namate hy met die wêreld in aanraking kom.

Sy motoriese vaardighed­e ontwikkel meestal instinktie­f (dus sonder dat jy hoef te help) en almal kan die mylpale duidelik sien. Tog is daar sekere dinge wat jy kan doen om hierdie motoriese vaardighed­e te help versterk.

OMROL

Nadat jou baba so lank in die baarmoeder opgekrul was, sal hy die eerste drie maande van sy lewe gebruik om sy maagen rugspiere te versterk. Teen maand vier, wanneer hierdie spiertjies sterk genoeg is, sal jou baba begin rol: eers van sy magie tot op sy rug en dan van sy rug tot op sy maag.

Aangesien die eerste stap na omrol die versterkin­g van die rugspiere is, moet jy seker maak dat jy jou baba in die eerste paar maande gereeld op sy magie laat lê, al lyk dit of hy nie baie daarvan hou nie. Namate hy ouer word moet jy hom ook hope vloertyd gee sodat sy buig- sowel as sy strekspier­e oefening kan kry. Sit speelgoed naby sy kop neer, maar net-net buite sy bereik, sodat hy moet rol om dit by te kom wanneer hy op sy rug is, of sy bors moet oplig as hy op sy magie lê.

SIT

Die vermoë om te sit is eintlik die eenvoudigs­te mylpaal omdat dit net goeie kopbeheer en genoeg spiertonus verg – koördinasi­e is nog nie regtig daarvoor nodig nie. Byna alle babas sit teen ses of sewe maande sonder ondersteun­ing.

Hoe nader jou baba aan die sesmaandem­ylpaal kom, hoe meer kan jy hom kans gee om met ondersteun­ing te sit, soos met die hulp van kussings of opgerolde kombersies. Neem die ondersteun­ing dan geleidelik weg tot jy hom later net sagkens aan die agterkant van sy klere vashou. So oefen hy om binnekort sonder enige ondersteun­ing te sit.

KRUIP

Babas behoort tussen sewe en 10 maande oud te begin kruip en behoort dit te doen met gekoördine­erde, afwisselen­de bewegings van die arms en bene. Die tradisione­le manier van kruip is met die linkerarm en regterbeen, en andersom.

Kruip is een van die mees omstrede mylpale omdat party babas dié stadium heeltemal oorslaan, terwyl ander op hul agterstewe seil of sitvlak omhoog kruip.

Hoewel dit belangrik is dat jou baba aan die beweeg kom, bly die afwisselen­de kruipstyl ideaal. Dit help jou baba om in, uit, oor en onder voorwerpe te beweeg, en dit gee die skouers en hande oefening op ’n manier wat hom later baie met fyn motoriese takies sal help.

Die grondslag vir kruip word gelê met dieselfde magietyd wat so belangrik is vir omrol – gun jou baba dus van die begin af soveel tyd moontlik op sy maag op die vloer.

As hy teen nege maande nog nie kruip nie, kan jy help deur hom in ’n handevierv­oet-posisie te ondersteun. Jy kan ook jou hande agter sy voetjies plaas sodat hy iets het om teen te druk as sy maagspiere nog nie sterk genoeg is om sy knieë onder sy heupe te hou nie. Deur speelgoed net buite sy bereik te plaas, moedig jy hom ook aan om daarheen te probeer kruip.

LOOP

Dit is ’n mylpaal wat oor ’n hele paar maande kan strek, maar die meeste babas kom tussen 10 en 14 maande daarby uit. Sommige babas begin egter al op nege maande loop, terwyl ander hul voete eers teen 18 maande vind.

VASHOU EN LOOP

Tot jou baba se balans goed genoeg is dat hy alleen kan loop, begin hy met die meubels en mure langs loop terwyl hy daaraan vashou. Dit is die stadium voor loop en goeie voorbereid­ing vir sy eerste onafhankli­ke treetjies.

SPRING

Daar is min dinge so skatlik soos ’n peutertjie wat leer spring! Dit is ’n moeilike vaardighei­d en die meeste kinders kan eers teen sowat drie jaar oud met albei voete gelyk spring.

WANNEER OM BEKOMMERD TE WORD

Wanneer jou kleinding een groot motoriese mylpaal effens laat haal, is dit gewoonlik nie rede tot kommer nie. Jy moet in ag neem dat elke baba ’n individu is en teen sy eie pas ontwikkel. Wanneer jou baba egter ’n hele paar van sy groot motoriese mylpale laat haal, behoort jy dit met jou pediater te bespreek of ’n pediatries­e fisioterap­eut te raadpleeg. Ander moontlike redes vir kommer is die volgende: • Jou baba het nooit leer omrol nie en kan

teen 11 maande nog nie kruip nie. • Teen agt maande sit hy nog nie onafhankli­k nie en maak ook nie kontak met sy wêreld nie. • Jou baba het laat begin glimlag, nooit

omgerol nie en sit nie alleen nie. • Hy hou nie van enige beweging nie, ook nie daarvan om in ’n motor te ry nie en het nooit omgerol of begin sit nie. • Hy loop teen 16 maande nog nie. • Jou baba het ná ses maande leer sit, nooit gekruip nie en loop teen 14 maande oud nog nie. • Jou baba is teen agt maande oud nog daarmee tevrede om die meeste van die tyd op sy rug te lê en het laat begin sit.

 ??  ?? Beproef Clicks se Nappy Pants, R99 per pak of R129 vir reuse- pak.
Beproef Clicks se Nappy Pants, R99 per pak of R129 vir reuse- pak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa