RAAKGEKOOP
Elgydium Kids & Juniortandepasta (R54,95 per buisie) het die korrekte hoeveelheid aktiewe bestanddele in ’n konsentrasie wat dit ideaal vir kinders maak. Daar is drie geure: Red Berries en Banana vir twee- tot sesjariges en Bubblegum vir sewe- tot 12-jariges. Kry dit by Dis-Chem, Clicks, apteke en tandartse.