Baba & Kleuter

GROOT LAWAAI, WEINIG WOL?

-

Die vraag ontstaan: Is ouers wat hul stem teen bangmaakfl­ieks verhef oorbeskerm­end, of is “donker” flieks werklik te erg vir die kleinspan? Het ’n nuwe era van makabere kinderflie­ks aangebreek met tonele wat hopeloos te intens is vir sensitiewe jong gedagtes?

Baie mense was krities oor die meer realisties­e, nie-animasiewe­ergawe van Jungle Book, wat tonele bevat het wat jonger kinders bang kon maak. Flieks soos Malificent, The Spiderwick Chronicles, ’n verskeiden­heid flieks deur Tim Burton soos Miss Peregrine’s Home for Peculiar Children en selfs die klassieke Charlie and the Chocolate Factory het al onder kritiek deurgeloop dat dit te vreesaanja­end is vir kinderkykg­enot.

Nog voorbeelde is Coraline, ’n fliek wat selfs volwassene­s koue rillings kan gee, en Pixar se Up, die storie van ’n knorrige, eensame ou man ná sy vrou se dood.

En dan is daar natuurlik die Harry Potter-stories, wat algaande ál donkerder word.

Maar is hierdie moderne kinderflie­ks erger as die kinderflie­ks van ouds?

“Ek dink nie so nie,” sê Eric D. Snider, ’n Amerikaans­e fliekresen­sent wat vir film.com skryf.

“Flieks het eerder makker geword en ons net meer papbroekig. Monstro die walvis in Pinocchio is skrikwekke­nd – en wat van Pleasure Island, waar die kinders in donkies verander word? Dit is mos goeie outydse nagmerrie-brandstof!”

By hierdie lys kan klassieke bangmaakpr­ente gevoeg word soos Dumbo, Snow White en Chitty Chitty Bang Bang met die langneus-kindervang­er wat sekerlik een van die mees angswekken­de karakters is wat nog ooit in ’n fliek te sien was, wat nog te sê ’n kinderflie­k.

Dink Eric D. Snider Wildekanis­land se fliekweerg­awe, Where the Wild Things Are, is buitengewo­on angswekken­d?

“Nee wat. Elke kind is anders en jy weet nooit regtig wat iemand bang sal maak nie, maar Where the Wild Things Are is nie meer vreeswekke­nd as baie ander flieks wat op kinders gemik is nie,” sê hy.

“Ek is wel bly dat ouers aandag hieraan begin skenk. Alle strokiespr­ente is nie vir kinders bedoel nie en ouers maak soms die fout om hulle dan na flieks toe te neem waarvoor hulle te jonk is.

“Ouers moet hul huiswerk doen voor hulle die kinders ’n fliek laat kyk, anders kan jy jou kind iets wys waaroor jy dalk later spyt gaan wees,” waarsku Eric.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa