Baba & Kleuter

TE VEEL VAN ’N GOEIE DING

-

Amerikaans­e ma’s en pa’s se skerp reaksie op bangmaakfl­ieks het kundiges laat waarsku dat ouers deesdae so oorbeskerm­d is dat hul kinders versmoor.

Die skuld word voor die deur van die media gelê en daar word gesê dat die media buite verhouding sterk fokus op die skokkende, maar eintlik baie seldsame gevalle van kinderontv­oering, en dat opskrifte van misdaadver­hale dikwels sensasione­el en selfs onakkuraat is.

“Ons is oorbeskerm­end en dra ons vrese as volwassene­s aan ons kinders oor,” waarsku die Britse sielkundig­e dr. Angharad Rudkin.

“Kinders word voortduren­d vertel dat hulle nie buite mag speel of alleen skool toe mag loop nie omdat slegte goed met hulle kan gebeur.

“Die wêreld is nie veel gevaarlike­r as ’n eeu gelede nie, maar ons tree op asof dit is.”

Roger Catchpole, ’n Britse opleidings­en ontwikkeli­ngsbestuur­der by ’n kindergees­tesgesondh­eidsorgani­sasie, meen dat omstrede flieks net een voorbeeld is van ontstellen­de media-inhoud wat jong mense moet verwerk.

“Ek twyfel of kinders meer bang gemaak word deur die beelde in ’n fliek as deur al die ander goed wat hulle daagliks om hulle sien,” sê hy.

“Ek het verlede jaar met ’n paar kinders gewerk oor wat hulle angstig maak en hulle het gesê dis nie die fantasiedi­nge nie, maar die dinge van die werklike wêreld soos bomme en oorloë en wat ook al hulle nog elke dag op die nuus sien.”

Hy meen dit sou onwys wees om te veralgemee­n oor die invloed wat sulke beelde op kinders het, aangesien elke kind uniek is en ’n klein maar beduidende persentasi­e van kinders meer kwesbaar is as ander.

“Navorsing wys dat sowat 10 persent van kinders ’n versteurin­g van die een of ander aard het, en dat nog 10 persent meer kwesbaar as die meeste ander kinders is.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa