Baba & Kleuter

AS DINGE SKEEFLOOP

-

Jou kind kan beweging heeltemal probeer vermy, of heeltyd wil beweeg en in die rondte tol.

Kinders met vestibulêr­e probleme kan hipersensi­tief vir beweging wees en dit dus probeer vermy, amper asof hulle bang is hulle gaan val. So nie, kan hulle ’n buitengewo­ne behoefte aan beweging hê.

Hulle kan dus swaaie vermy en stiller aktiwiteit­e verkies, dit haat om in ’n hysbak of met roltrappe te ry, bang wees om te val al is daar geen risiko voor nie, bang wees vir lae hoogtes, en versigtig wees vir enige ongelyke oppervlak. Hulle hou nie daarvan as jy hulle onderstebo hou nie, verloor maklik hul balans en kom lomp voor.

Of hulle kan heeltemal die teenoorges­telde wees: Hulle kan die heeltyd beweeg, daarvan hou om vinnig te tol, gek wees daaroor as jy hulle in die lug gooi en eindeloos in die rondte draai sonder om dronk te voel. Hulle kan voortduren­d op die trampolien spring en hou daarvan om onderstebo te hang. Hulle doen soms gevaarlike dinge.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa